Gompie to the rescue

Kort storietjie met ‘n lewenslange impak.

Die kerk het ventilasie skagte in die vloer met sulke nare staal deksels vol gate. Die gemeente se vrouens kla al vir jare dat hul skoene dit nie hou nie.

Bruid trap met haar hakskoen in so ‘n gat en daar breek hak morsaf. Sy stap dapper verder en probeer om nie onstabiel te lyk nie, maar haar enkel begin sommer dadelik te swel.

Gompie sien alles en stap regop en fier na sy bruid toe, tel haar in sy arms op en dra haar tot voor die kansel. Daar sit hy haar saggies neer, gaan op sy knieg af, vewyder die gebreekte skoen en soen haar voet beter.

Bruid het kaalvoet aan sy arm gestaan en vir die hele seremonie het net hulle twee vir mekaar bestaan.

Sulke liefde hoort in elke troue.

3 Comments »

  1. neykie Said:

    Sulke liefde is soms te moeilik om te vind ook

  2. Dellie Said:

    Pink ek nou ‘n traantjie weg! Sweet!

  3. Adrie Said:

    Dit is ‘n dierbare storie.


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a reply to Adrie Cancel reply