Skoonma se oorbelle

Dit is gebruik om die bruid se uitset op die bed uit te pak waar sy aantrek – alles netjies en bymekaar. Bruid word dan stuk stuk aangetrek.

So zoem dit in die aantrekkamer. Skoonma het twee orbelle geleen vir bruid net vir die troue – met ‘n lang toespraak oor die herkoms en waarde van die twee asemrowende oorbelle. Drie robyne en ‘n diamant aan die punt van elkeen.

Tussen die skoene, sluier en ondergoedjies lê die oorbelle en skitter.

Bruid se rok is aan, sluier is op en nou vir die juwele, maar oe wee, die oorbelle is net weg.

Jy weet sommer as ‘n situasie stadig maar seker heeltemaal buite orde gaan raak en hierdie was so ‘n geval. Eers is daar liggies gesoek, daarna is alles in die kamer opgelig en later is die bed heeltemaal gestroop. Weg.

Nou begin die mense na mekaar kyk met skuldige oë – net bruid nie, sy grens te veel om iemand aan te kyk. Die tyd stap aan en naderhand is bruid sonder oorbelle en met baie aanmoediging in die kar in en weg kerk toe.

Deur die diens staan sy soos ‘n gespanne snaar. Gompie loer kort kort na haar maar sy kyk weg – te bang sy bars in trane uit oor die groot verlies. “Is jy ok?’ probeer gompie fluister. Bruid snik kliphard. Gompie vat haar arm stywer vas en so gaan die diens aan.

‘Jy kan nou jou bruid soen’ klink deur die kerk en gompie weet nou is sy kans om te hoor wat aangaan. Soos hy die sluier oplig, sien hy die blink goedjies wat daaraan hang. “Wat is dit die?” fluister vra hy – half te bang.

Bruid sien die twee orrbelle wat aan die sluier hang. Met ‘n alleminske gil van plesier gryp sy vir gompie vas en soen hom tot sy knieê wil wil knak.

Die mense spot tot vandag toe nog oor die bruid wat haar gompie so gegryp en aanhoudend gesoen het en in haar hand skitter twee antieke oorbelle.

2 Comments »

  1. boendoe Said:

    Slaak ek ook sommer ‘n sug van verligting! Sulke antieke goeters moenie wegraak nie. 😉

    EK is bly jy’s terug! Waar was jy, gehasi?

  2. meermin Said:

    Ja nee boendoe ek stem ek was so bly toe ek vanoggend hier kom inloer en hier is so paar nuwe inskrywings … het gou gou eers opgevang!


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: