Archive for July, 2009

Kaplang!!

Onthale en drankgebruik is altyd ‘n risikofaktor. Party mense weet net nie waar om te stop nie en om een of ander rede eindig hulle altyd by stug troues op.

Die tannie se neus het die storie van baie drink vertel – rooi en vol aartjies. Haar ronde lyf wat sy in styfpassende blink rok geworstel het, vertel sy mix met koeldrank. Tannie party dat dit klap.

Op die dansbaan swaai sy haar vol borste woes en druk jong seuns se gesigte daarin. Hulle mind nie. Mans dreun om haar soos koninginby. Alamal ken vir haar en laat haar maar begaan, maar bruid is aan die kook binne.

Die orkes vra vir versoeke en tannie staan nader om een aan te vra. Maar sy wil die dromme speel en niemand gaan haar keer nie. Met haar dronk lyf begin sy tussen die ander orkes manne indring. Hulle keer woes vir hul glase en instrumente.

Nou so ‘n orkes het baie drade wat oral rondlê en tannie kan nie vir hulle ontwyk nie. Een draad krul om haar pofkuit en trek haar om. Sonder seremonie begin sy val en sy hou aan val tot sy die dromstel heeltemal verpletter.

Die klanke van instrumente wat breek en uitgepluk word, gil vir oulaas deur die vetrek – dan stilte. Gompie weet hy moet nou red en probeer tannie optrek. Kort voor lank nog slae soos hy ok neerslaan.

Die laaste prentjie wat bruid wou sien is gompie met sy gesig diep in tannie se gleuf weggesak.

Die res van die aand was maar bra onpersoonlik.

O gaats

Klein troues is intiem en dus kan foutjies nie so maklik verskuil word nie. Klein troues met groot foute, word uiteindelik legendes. Hier is so een.

Die gompie was ‘n baie bekende krieketspeler en sy bruid ‘n stil meisie wat hy al jare vir die media wegsteek. Vir hulle troue beplan die twee egter ‘n baie klein troue – letterlik net 20 mense.

Dus bespreek hulle ‘n klein Franse restaurant net buite Pretoria. Alles gebeur sommer daar – die seremonie en ete ook.

Gompie gaan ook self vir bruid oplaai en aanry troue toe. Die gaste staan buite op die grasperke rond en teug aan sjampanje terwyl hulle op die twee wag. Maar al wat uitkom is die twee.

Hul selfone is afgeskakel en niemand weet waar hulle kan wees nie. Die ure stap verby en die restuarant mense raak erg krapperig. Bruid se ma is besig om uitmekaar te val van spanning, maar haar pa hou mooi kop.

Hy laat maar die gaste eet en lank na die poeding afgesak het, is daar nog geen egpaar nie. Nege uur die aand is die plek vol polisie en die gaste al almal weg. Daar word besluit om maar die media te vra om te help soek na die twee.

Net voor die media geskakel word, kom die twee daaraan. Hulle het sommer gewone klere aan. Praat ‘n paar woorde met mekaar en met die ouers wat teen die tyd al lankal histeries van blydskap is. Polisie vertrek, media bly vergete en almal gaan huistoe. Stil en sonder ophef.

Ek het my volle betaling ontvang, maar nooit ‘n verduidelikking nie. Drie weke later lees ek in die media – die krieketster en sy meisie het besluit om eerder elkeen sy eie pad te gaan.

Kyk net van waar oral lees almal

Dankie vir almal wat hier inloer. Ek vergaap my aan waar julle almal is.

gpcis.wordpress.com-world

Ai, spaar ‘n oomblik vir die fotograwe

bride-ride

funny-wedding-photos-bride-shoes

moped-bride-431x300

smoking-bride

Verwensery

Wens vir ‘n ander net wat jy self met jou wil laat gebeur.

Gompie was bietjie van ‘n snob – nee eintlik ‘n grote. Hy was stap vir stap betrokke by elke detail van hulle troue en in die proses het hy elkeen wat iets by sy troue moes doen, die harnas ingejaag. My ok.

Die tannie wat die hek beheer by hulle onthaal saal, was egter nie baie lus vir sy dramas nie en dus elke keer as hy daar stop om in te gaan, maak sy seker hy sit ‘n hele paar minute onnodig daar.

Selfs toe gompie en bruid in die bruidskar arriveer na die troue, vind sy iets anders om te doen voor sy die hek se knoppie druk. ‘Ek hoop jy kry ‘n pyn in die gat,’ snou gompie haar toe met die uiteindelike verbyry.

Later die aand buk gompie om onder die bruidsrok die kousband te gaan haal en daar ‘snap’ sy rug. Die man kan nie op of af nie en kreun soos ‘n leeu met sy kop onder die rok. Almal dink eers hy maak maar bygeluide, maar later raak dit duidelik dat hy nie juis enige bewegings maak nie.

Stadig, soos ‘n lamppaal, val hy om en bly lê. Hulp wil hy nie hê nie – net ‘n ambulans asseblief. Hy het sy wens gekry.

Skoonma se oorbelle

Dit is gebruik om die bruid se uitset op die bed uit te pak waar sy aantrek – alles netjies en bymekaar. Bruid word dan stuk stuk aangetrek.

So zoem dit in die aantrekkamer. Skoonma het twee orbelle geleen vir bruid net vir die troue – met ‘n lang toespraak oor die herkoms en waarde van die twee asemrowende oorbelle. Drie robyne en ‘n diamant aan die punt van elkeen.

Tussen die skoene, sluier en ondergoedjies lê die oorbelle en skitter.

Bruid se rok is aan, sluier is op en nou vir die juwele, maar oe wee, die oorbelle is net weg.

Jy weet sommer as ‘n situasie stadig maar seker heeltemaal buite orde gaan raak en hierdie was so ‘n geval. Eers is daar liggies gesoek, daarna is alles in die kamer opgelig en later is die bed heeltemaal gestroop. Weg.

Nou begin die mense na mekaar kyk met skuldige oë – net bruid nie, sy grens te veel om iemand aan te kyk. Die tyd stap aan en naderhand is bruid sonder oorbelle en met baie aanmoediging in die kar in en weg kerk toe.

Deur die diens staan sy soos ‘n gespanne snaar. Gompie loer kort kort na haar maar sy kyk weg – te bang sy bars in trane uit oor die groot verlies. “Is jy ok?’ probeer gompie fluister. Bruid snik kliphard. Gompie vat haar arm stywer vas en so gaan die diens aan.

‘Jy kan nou jou bruid soen’ klink deur die kerk en gompie weet nou is sy kans om te hoor wat aangaan. Soos hy die sluier oplig, sien hy die blink goedjies wat daaraan hang. “Wat is dit die?” fluister vra hy – half te bang.

Bruid sien die twee orrbelle wat aan die sluier hang. Met ‘n alleminske gil van plesier gryp sy vir gompie vas en soen hom tot sy knieê wil wil knak.

Die mense spot tot vandag toe nog oor die bruid wat haar gompie so gegryp en aanhoudend gesoen het en in haar hand skitter twee antieke oorbelle.