O gaats

Klein troues is intiem en dus kan foutjies nie so maklik verskuil word nie. Klein troues met groot foute, word uiteindelik legendes. Hier is so een.

Die gompie was ‘n baie bekende krieketspeler en sy bruid ‘n stil meisie wat hy al jare vir die media wegsteek. Vir hulle troue beplan die twee egter ‘n baie klein troue – letterlik net 20 mense.

Dus bespreek hulle ‘n klein Franse restaurant net buite Pretoria. Alles gebeur sommer daar – die seremonie en ete ook.

Gompie gaan ook self vir bruid oplaai en aanry troue toe. Die gaste staan buite op die grasperke rond en teug aan sjampanje terwyl hulle op die twee wag. Maar al wat uitkom is die twee.

Hul selfone is afgeskakel en niemand weet waar hulle kan wees nie. Die ure stap verby en die restuarant mense raak erg krapperig. Bruid se ma is besig om uitmekaar te val van spanning, maar haar pa hou mooi kop.

Hy laat maar die gaste eet en lank na die poeding afgesak het, is daar nog geen egpaar nie. Nege uur die aand is die plek vol polisie en die gaste al almal weg. Daar word besluit om maar die media te vra om te help soek na die twee.

Net voor die media geskakel word, kom die twee daaraan. Hulle het sommer gewone klere aan. Praat ‘n paar woorde met mekaar en met die ouers wat teen die tyd al lankal histeries van blydskap is. Polisie vertrek, media bly vergete en almal gaan huistoe. Stil en sonder ophef.

Ek het my volle betaling ontvang, maar nooit ‘n verduidelikking nie. Drie weke later lees ek in die media – die krieketster en sy meisie het besluit om eerder elkeen sy eie pad te gaan.

2 Comments »

  1. boendoe Said:

    Shame. Seker maar beter so.

  2. meermin Said:

    Agge shame ….


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a comment