Wat dink gompie?

Laat weet ons wat Gompie hier dink.

2381125794_806a6b8aaf

Kaplang!!

Onthale en drankgebruik is altyd ‘n risikofaktor. Party mense weet net nie waar om te stop nie en om een of ander rede eindig hulle altyd by stug troues op.

Die tannie se neus het die storie van baie drink vertel – rooi en vol aartjies. Haar ronde lyf wat sy in styfpassende blink rok geworstel het, vertel sy mix met koeldrank. Tannie party dat dit klap.

Op die dansbaan swaai sy haar vol borste woes en druk jong seuns se gesigte daarin. Hulle mind nie. Mans dreun om haar soos koninginby. Alamal ken vir haar en laat haar maar begaan, maar bruid is aan die kook binne.

Die orkes vra vir versoeke en tannie staan nader om een aan te vra. Maar sy wil die dromme speel en niemand gaan haar keer nie. Met haar dronk lyf begin sy tussen die ander orkes manne indring. Hulle keer woes vir hul glase en instrumente.

Nou so ‘n orkes het baie drade wat oral rondlê en tannie kan nie vir hulle ontwyk nie. Een draad krul om haar pofkuit en trek haar om. Sonder seremonie begin sy val en sy hou aan val tot sy die dromstel heeltemal verpletter.

Die klanke van instrumente wat breek en uitgepluk word, gil vir oulaas deur die vetrek – dan stilte. Gompie weet hy moet nou red en probeer tannie optrek. Kort voor lank nog slae soos hy ok neerslaan.

Die laaste prentjie wat bruid wou sien is gompie met sy gesig diep in tannie se gleuf weggesak.

Die res van die aand was maar bra onpersoonlik.

O gaats

Klein troues is intiem en dus kan foutjies nie so maklik verskuil word nie. Klein troues met groot foute, word uiteindelik legendes. Hier is so een.

Die gompie was ‘n baie bekende krieketspeler en sy bruid ‘n stil meisie wat hy al jare vir die media wegsteek. Vir hulle troue beplan die twee egter ‘n baie klein troue – letterlik net 20 mense.

Dus bespreek hulle ‘n klein Franse restaurant net buite Pretoria. Alles gebeur sommer daar – die seremonie en ete ook.

Gompie gaan ook self vir bruid oplaai en aanry troue toe. Die gaste staan buite op die grasperke rond en teug aan sjampanje terwyl hulle op die twee wag. Maar al wat uitkom is die twee.

Hul selfone is afgeskakel en niemand weet waar hulle kan wees nie. Die ure stap verby en die restuarant mense raak erg krapperig. Bruid se ma is besig om uitmekaar te val van spanning, maar haar pa hou mooi kop.

Hy laat maar die gaste eet en lank na die poeding afgesak het, is daar nog geen egpaar nie. Nege uur die aand is die plek vol polisie en die gaste al almal weg. Daar word besluit om maar die media te vra om te help soek na die twee.

Net voor die media geskakel word, kom die twee daaraan. Hulle het sommer gewone klere aan. Praat ‘n paar woorde met mekaar en met die ouers wat teen die tyd al lankal histeries van blydskap is. Polisie vertrek, media bly vergete en almal gaan huistoe. Stil en sonder ophef.

Ek het my volle betaling ontvang, maar nooit ‘n verduidelikking nie. Drie weke later lees ek in die media – die krieketster en sy meisie het besluit om eerder elkeen sy eie pad te gaan.

Kyk net van waar oral lees almal

Dankie vir almal wat hier inloer. Ek vergaap my aan waar julle almal is.

gpcis.wordpress.com-world

Ai, spaar ‘n oomblik vir die fotograwe

bride-ride

funny-wedding-photos-bride-shoes

moped-bride-431x300

smoking-bride

Verwensery

Wens vir ‘n ander net wat jy self met jou wil laat gebeur.

Gompie was bietjie van ‘n snob – nee eintlik ‘n grote. Hy was stap vir stap betrokke by elke detail van hulle troue en in die proses het hy elkeen wat iets by sy troue moes doen, die harnas ingejaag. My ok.

Die tannie wat die hek beheer by hulle onthaal saal, was egter nie baie lus vir sy dramas nie en dus elke keer as hy daar stop om in te gaan, maak sy seker hy sit ‘n hele paar minute onnodig daar.

Selfs toe gompie en bruid in die bruidskar arriveer na die troue, vind sy iets anders om te doen voor sy die hek se knoppie druk. ‘Ek hoop jy kry ‘n pyn in die gat,’ snou gompie haar toe met die uiteindelike verbyry.

Later die aand buk gompie om onder die bruidsrok die kousband te gaan haal en daar ‘snap’ sy rug. Die man kan nie op of af nie en kreun soos ‘n leeu met sy kop onder die rok. Almal dink eers hy maak maar bygeluide, maar later raak dit duidelik dat hy nie juis enige bewegings maak nie.

Stadig, soos ‘n lamppaal, val hy om en bly lê. Hulp wil hy nie hê nie – net ‘n ambulans asseblief. Hy het sy wens gekry.

Skoonma se oorbelle

Dit is gebruik om die bruid se uitset op die bed uit te pak waar sy aantrek – alles netjies en bymekaar. Bruid word dan stuk stuk aangetrek.

So zoem dit in die aantrekkamer. Skoonma het twee orbelle geleen vir bruid net vir die troue – met ‘n lang toespraak oor die herkoms en waarde van die twee asemrowende oorbelle. Drie robyne en ‘n diamant aan die punt van elkeen.

Tussen die skoene, sluier en ondergoedjies lê die oorbelle en skitter.

Bruid se rok is aan, sluier is op en nou vir die juwele, maar oe wee, die oorbelle is net weg.

Jy weet sommer as ‘n situasie stadig maar seker heeltemaal buite orde gaan raak en hierdie was so ‘n geval. Eers is daar liggies gesoek, daarna is alles in die kamer opgelig en later is die bed heeltemaal gestroop. Weg.

Nou begin die mense na mekaar kyk met skuldige oë – net bruid nie, sy grens te veel om iemand aan te kyk. Die tyd stap aan en naderhand is bruid sonder oorbelle en met baie aanmoediging in die kar in en weg kerk toe.

Deur die diens staan sy soos ‘n gespanne snaar. Gompie loer kort kort na haar maar sy kyk weg – te bang sy bars in trane uit oor die groot verlies. “Is jy ok?’ probeer gompie fluister. Bruid snik kliphard. Gompie vat haar arm stywer vas en so gaan die diens aan.

‘Jy kan nou jou bruid soen’ klink deur die kerk en gompie weet nou is sy kans om te hoor wat aangaan. Soos hy die sluier oplig, sien hy die blink goedjies wat daaraan hang. “Wat is dit die?” fluister vra hy – half te bang.

Bruid sien die twee orrbelle wat aan die sluier hang. Met ‘n alleminske gil van plesier gryp sy vir gompie vas en soen hom tot sy knieê wil wil knak.

Die mense spot tot vandag toe nog oor die bruid wat haar gompie so gegryp en aanhoudend gesoen het en in haar hand skitter twee antieke oorbelle.

As dinge regtig skeef loop….

_44736198_wedding_bbc_226

 

disaster-bride

 

DEF3343
runaway-bride-001

tasered

dsc_1205blogsized

Cliff hanger

Ek strompel gister oor die bruid. Sy het seker ‘n boks Calmettes in en drink hoesstroop net vir die wis en onwis.

redneck-wedding-6

By op bestelling

Die ma van die bruid was onmoontlik. Haar neus was in alles en nog wat ingedruk. Die kleurskema is op haar aandrang verander, die tafels is van rond na viekantig verander, die onthaalsaal is twee keer geskuif.

Op die dag van die troue, was sy slaggereed om al die aandag op haar te trek. (Wees versigtig wat jy voor wens.)

Ure voor die troue sit ma van die bruid in die badkamer toegesluit – nie tevrede met haar rok nie. Sukkel haar daaruit sodat bruid kan bad. Volgende sneuwel die grimeerkunstenaar – weet nie wat sy doen nie. Bruid val al klaar uitmekaar, maar moeder stoom voort.

Op haar besliste aandrang, sit sy voor in die bruidskar op pad kerk toe. By die kerk dring sy daarop aan om reg voor die bruid en haar pa die kerk binne te stap. Almal wat weet wat aangaan gluur haar aan, maar sy sweef die kerk binne asof dit haar dag is.

Toe kom haar wens waar. ‘n Verlate by wat om die kerkblomme snuffel, besluit haar linker wang lyk smaakliker en gaan sit. Moeder klap en by laat waai. Haar gille word afgemaak as aandag trek en gompie se pa besluit om haar uit die kerk te help. Niemand anders lig ‘n vinger nie.

Sy spartel nog so teen die ‘forced removal’ toe skop anafilakse in en haar gesig swel tot twee keer sy grootte. Dramaties val sy flou en hou op asem haal. Die hele troue stop in sy spore.

Moeder het herstel in die hospitaal, troue is afgehandel in die voorportaal van die onthaalsaal en daar is partyjie gehou tot die vroeë oggend ure.

Net soos almal by die troue, wonder ek ook – wie kan dan ‘n by se dienste  bestel?

Blomkool

Die tannie van die catering maatskappy had ‘n kort humeur, skerp tong en sterk voorarms. Personeel word in potlood in haar boeke geksryf, want hulle hou nie lank nie. Hulle sê haar aakligste gewoonte is om potte van die vuur af te klap as die gereg nie reg voorberei is nie.

Ek geniet egter die tannie. Sy stoom en blaas soos ‘n os en vloek hartelik daar waar sy in die kombuis spook met die kos wat oor twee ure moet reg wees. Ek skiet maar die tafels en ander mooi goed in die saal.

Die groenteman arriveer. Potlood uit van agter sy oor, merk hy die lysie wat sy bestel het op die sigaretboks se agterkant af. Wortels, check, beet, check, blomkool… Sy wil nie die kool hê nie want dit lyk en ruik vir haar af. Tannie en groenteman pak mekaar oor ‘n Lexinton buite die saal.

Ondertussen stoot die werkers die groente in die kombuis in en begin kook vir ‘n vale. Buite stry die twee voort oor vrot kool, sleg diens en kinders e skoolfonds wat betaal moet word. Toe tannie na twintig minute in die saal instap, kry sy so ‘n groen skynsel onder haar onderlaag.

In die kombuis kook die vrot kool laat dit klap en die walglike reuk lok brommers van so vêr as Beuafort Wes. Met een rukslag, trek die pot kool deur die lug en verpletter homself teen die muur. Vrot koolsous loop in elke skrefie en gaaitjie beskikbaar in.

Al het hulle ok wat gebruik, die reuk van vrot kool het daai onthaalsaal betrek om nie gou weer te ontsnap nie. Met elke ander tipe skoonmaakmiddel wat hulle probeer, kry die vrot reuk net meer woema en ‘n effense blomgeur by.

Toe bruid ‘n uur later by haar onthaalsaal instap, klap die vrot reuk van kool haar en haar gaste reg in die gesig. Op ‘n laat somersmiddag na ‘n warm broeiende dag, bly blomkool die toppresteerder in onaagename reuke.

Opskop

Die Voortrekkers het kerke gebou op elke denkbare plek. Klein en intiem met ongelooflike houtwerk. So betree ons die klein klipkerkie met die geelhout banke wat destyds met die hand gemaak is.

Alhoewel die banke pragtig is, is hulle erg ongemaklik en kraak hulle onheilspellend as enige een net effens regskuif. Die kerkie kan twaalf mense per bank inpas, met ‘n middelpaaidjie en dan weer twaalf aan die ander kant ook. Bruid het ‘n klein troue gekies en dus word die linkerkant afgeskort sodat die mense net regs sit.

Heel voor staan die familie se bank, amper reg onder die kansel met net genoeg plek vir die egpaar en ‘n doopfont. Gou is die bank vol en is daar nog net plek vir Pa van die bruid op die punt. Kraak kraak skuif die familie rond en wag vir bruid.

Sy stap triomfanklik kansel toe, verloor haar maagdelike sluier en haak in by gompie. Pa staan bank se kant toe. Almal bly staan sodat prediker die seen op die gebeure kan vra. Amen sê hy en kyk op.

Soos een man gaan gemeente sit.

Met ‘n onheilspellende kraak breek die familie se bank op die grond af en die hele spul val reg agteroor. Pa skop bruid tussen die ruiker en die kansel in en sy pluk gompie van sy voete af. Hy val haar half katswink.

Die bank tref die ry mense agter die familie se skene en daar word kliphard gevloek en geskree. Voor lê die familie half uitasem en kyk vir die dak. Soos hulle tot verhaal kom begin hulle spartel om op te kom. Dit veroorsaak dat die skene van die tweede ry mense nog seerder kry – meer vloek en instruksies word gegil.

Dit het ‘n baie lang tyd gevat voor daar weer troue gehou is. Ma van bruid het haar rugwerwel geskuif, nefie het sy agterkop oopgekap en bloei soos ‘n vark oor almal. Bruid het ‘n nare skraap oor haar nek en gompie het sy enkel erg verstuit.

In die tweede ry is die ongevalle net so erg. Baie bloederige bene, seer enkels en rooi gesigte. ‘n Ware opskop!

Vreugde vuur

Ai, die romantiese aspek van ‘n buitelug troue was en sal altyd vir my wonderlik bly. Die reuk van die aarde, berge wat verkleur soos die ure aanstap, son wat stadig wegsak in die verte, die aandster wat kom loer en groot vure wat flikkers gooi oor al die mense. Pure magic.

By hierdie troue is daar ‘n reuse vuur aangesteek in ‘n sement dammetjie met so ‘n halwe meter hoë muurtjie. Die vlamme lek aan die sterre en vonke dans rooistreep salsas deur die donker. Gaste staan vêr en kuier, lag en skerts. 

Soos die reuse vlamme afwaarts sak en die aandlug sy koue vingers kom streel oor die kaal skouers van veral die vroue, begin die kring nader trek om die vuur. Naderhand sit daar ‘n paar koulikes op die muurtjie van die dam. Kuier word daar gekuier en die wyne vloei.

Die eerste waarskuwing was toe een dame se fake leerbaadjie, wat eintlik een of ander plastiek nommer uit China was, skielik begin rook waar sy haar rug op die vuur hou. Jy rook sê, haar date. Sjjjh sê sy, my pa weet nie. Nee man, jy gaan aan die brand slaan, probeer hy weer. Sy wil nog reageer op sy lam ‘pick up line’, toe voel sy hoe haar baadjie spontaan begin smelt.

Met angswekkende gille en amper bomenslike moves, is sy uit die baadjie wat op ‘n hartseer hopie bly lê en rook.  Gaste beweeg eerbiedig weer verder weg van die vuur af, maar kort voor lank is die insident vergete en begin mense weer op die muurtjie sit.

Na ‘n wyle kom daar weer ‘n angs kreet. My kamera gil een. Daar op die muur is haar kamera besig om soos in ‘n Dahli slikdery stadig teen die muur af te smelt. Die lang lens wat my vroër so beindruk het, hang soos ‘n olifantslurp. Baie lag en giggel.

Maar einde is het niet, terwyl kamera vrou ‘n rum en coke wegsluk vir die skok, plons die laaste staande stompe op die vuur inmekaar en stuur  miljoene rooi vuurvonkies in die lug in. Hier en daar piets een ‘n gas en maak sy klein brandmerkie. Weer gille en skroue. Party ouens doof die brandende kooltjies op nul wederhelftes sommer met hulle drankies. Dit gaan nie goed af nie.

Daar waar ek in die donker klaar loop lag, kom ‘n paar vinnig en baklei baklei verby kar toe. In die verbystorm hoor ek net die man se stem: Volgende keer kan jy tot op jou hoë hakke afbrand, ek sal nie weer help nie.

Tien groot nee’s vir die bruid

  1. Doen jou hare voor jy gaan bad…
  2. Gebruik ‘n gesigsmasker die oggend van jou troue
  3. Dra piepklein ondergoedjies wat krap
  4. Druk jou borste in ‘n te klein bostuk
  5. Trek klaar aan drie ure voor jou troue
  6. Vergeet om te eet, maar drink sjampanje/wyn
  7. Trek trouskoene vir eerste keer aan op pad kerk toe
  8. Dra ‘n lyfkous wat afrol van bo af en ‘n rif om jou maag maak
  9. Drink enige vorm van senuwee pil / boereraat
  10. Slaan paniek oor alles wat kan skeefloop

Tien nee’s vir gompie

  1. Los klere artikels soos das uit as jy aantrek
  2. Te klein hempies en kort dasse
  3. Skeer van jou baard mis en los klosse
  4. Vergeet jou anti sweet muti onder jou arms
  5. Drink en bestuur
  6. Laat na om jou bruid te bel en liefde te verklaar
  7. Sit al twee ure voor die troue by die kerk
  8. Trek jou baadjie uit wanneer jy wil
  9. Lang vuil naels – tone ook
  10. Verloor jou eie kar sleutels/ hotel sleutels

Thank you Sarah & Jayson

The magic of your day, the way you did it and the magic between the two of you – all captured in black and white. Enjoy! Karl

wed-33ret

wed-23ret

wed-63

couple-only-58bw

couple-only-62bw

couple-only-38ret

« Older entries