Nee aarde magtig man!!!

Baie min mense nooi my na hulle troues, want ek kan gewoonlik nie gaan nie, maar soms moet mens maar gaan.

So daag ek, persent onder die arm en geen kamera nie, op by een van my studentvriende se troue. Ek is amper nooit ‘n gas nie, maar daardie dag het ek besef hoe troupare hul gaste kan martel tot by alkoholvergiftiging.

Tien voor drie bondel ‘n uiters oorywerige ‘best man’ al die gaste in die kerk in waar almal brom brom gaan sit en luister na die knapie met sy draagbare orreltjie. Hy is in ‘n wêreld van sy eie en verwoes Josh se You lift me up met sy eie weergawe. Aaklig. So wag ons en orreltjie verdring een bekende lied na die ander deur ons ore.

35 Minute later is daar ‘n geskarrel by die deur en daag bruid uiteindelik op.

Die NG predikant neem sy kans waar om almal in die kerk se siele te red en preek ‘n verdere 45 minute oor sondes wat ek net daar en dan besluit goed genoeg klink om te gaan uitprobeer. My kop knik gevaarlik soos die slaapwalms -aangedra deur sy eentonige stem my wegsus.

Toe doen hy die trouformulier – volledig. En niggie spring op en join vir orrelman in ‘n sang item. My gaar boude skreeu harder as my sigaret longe, maar sy vat die tweede en derde versies met mening. Toe teken hulle die register en ons word vrygelaat.

Buite klink dit soos ‘n kreikplaag soos lighters verligting bring. En ons staan. Die gekleurde papierconfetti plak in bondels in ons hande saam. Hier spring best man weer in en beweeg almal om langs die kerkpaadjie af te staan.  Toe hy gelukkig is en al die gaste ongelukkig, storm hy die kerk in. En ons wag weereens.

Uiteindelik kry ek die kans om my nat confetti gemaak bly te gooi en ek kry koers na my motor. Neeeee gil best man – groepfoto. Party mense gluur net vir hom en tel hul slapende kinders innie karre. Fotograaf sukkel om almal in te kry en staan naderhand amper by die kerk se hekke en gil op almal om te lag.

Onthaal toe – 27km van die kerk af. Ek oorweeg om huis toe te draai, maar besluit om tog te gaan, al is dit net vir ‘n goeie bord kos. By die onthaal aangekom staan drie tantes gereed met klein glasies louwarm OBS. Die kerksaal se deur is dig toe en niemand mag op die perseel rook nie. Dus staan omtrent al die gaste op die sypaadjie rond. En wag.

Een uur veertig minute later, het die gastelys drasties gekrimp. Bruid en gompie arriveer uiteindelik van hul fotos en die deure word oopgeggooi vir die fees. Met my instap, tref die reuk van verlepte knoffel polonie my reg in die sinusse en daal af na my maag toe waar dit ‘n donker onheilspellende rukbeweging gevolg deur ‘n grom maak.

Almal sit waar hulle name op klein kaartjies is. Nou maal die oorblywende gaste rond om hul sitplekke te soek en almal sit naderhand soos uittand haaibekke. Best man kry ‘n mikrofoon in die hande en verwelkom almal met ‘n vervelige toesprakie besaai met simpel vuil grappies.

Nou moet almal die sjampanje regkry en skiet as die paar in die saal instap. Nog tyd gemors om seker te maak almal is gereed en dan skiet die proppe. Dit was die enisgte oplewing vir die res van die aand.

Onder die plastiek strecth, smeul die gevulde eiers, polonie rolle en kaasblokke gevaarlik. Om elke beker komplimentere vrugtesap se bodem sprei ‘n nat kol oor die papier tafeldoek overlay, terwyl die bruid se oom, wat eintlik die tafelgebed moes kom doen, vertel hoe wonderlik sy mense is en hoe lank hulle al lus is vir ‘n lekker troue en dat hierdie twee kinners dit nou uiteindelik reggekry het om te trou en dat almal die aand moet geniet en seen Here die voedsel wat ons gaan nuttig en maak ons almal dankbaar daarvoor amen. FOK.

Nou kondig best man vir hulle aan – broer van die bruid doen die heildonk op die ouers, neef op die bruidegom se ouers, vriend op die egpaar en bruid op die oumas. FOK.

Gompie staan nader, mans trek stoele op en sing tant koek se hoenderhaan terwyl die DJ allerhande geluide en Ponochio afwissel. FOK dubbel FOK.

‘n Volle vyf ure nadat ek by die troue aangekom het, word die plastiek van die borde gepeul, begin die DJ met die Makoereina en begin kinders deur die saal hardloop en gil. Ek slaan my oë op, plak die persent op die tafel neer en stryk aan kar toe.

Buite sien ek hoe best man groot slukke vat uit sy ‘boot  stock’ en ek besef dat hy ok maar mens is en net soos ek – uiters gatvol vir hierdie troue. Maar hy moet bly en ek kan gaan soek na Kentucky.

4 Comments »

  1. netjane Said:

    Lag ek nou, veral vir die “FOK dubbel FOK”! Met my beplanning het ek vroeg die reëls neergelê: mense wag nie lank vir kos nie, mense wag nie lank vir my nie, mense luister nie na eentonige speeches nie. Hoop maar dit werk so uit!

  2. Dellie Said:

    Hehe, ek het ‘n soortgelyke troue beleef in Desember, weet nie of jy dit raakgelees het nie. Gaan kyk hier: http://delliesedinge.wordpress.com/2008/01/07/oor-voels-en-vere/

    Die ene was effens “kommin”, maar uiteindelik ‘n fees! Joune klink na ‘n nagmerrie!😯

    NS. Sal jou raakluister vanaand op RSG.😉

  3. Da Mario Said:

    O my genade!! Soms kan troues nogal erg wees. Maar ten minste het ek dit geniet om daaroor te lees!😆

  4. Johan Said:

    Uitmuntend!!! Het die storie gsate uit geniet!


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: