Die einde van ‘n borgskap

Kom ons handel maar af met die stomme bruid. Na ‘n dag van pure loutering en foltering is sy getroud. Stralend met haar laaang shoot na die troue – almal is gelukkig en tevrede.

Anders as met gewone troues, word daar baie tyd toegelaat tussen die seremonie en die onthaal self, dus het bruid en gompie ‘n uur oor voor hul onthaal begin. Die twee weet nie juis wat om te doen nie en besluit om ‘n ent te gaan ry. Ons spreek af om by die onthaal te ontmoet.

Ses uur word die deur na die onthaalsaal oopgeswaai en die gaste stroom in. Almal kry sitplek en ons wag op die bruidspaar. Halfsewe kom die voorgereg uit en ons wag vir die bruidspaar. Kwart voor agt kom die hoofgereg en nuus vanaf die bruidspaar.

Hulle sit in ongevalle.

Die twee het besluit om in hul troupakkies te gaan melkskommels drink. Klaar daarmee is hulle weer op pad onthaal toe. By die motor gekom, help gompie haar galant in die kar in, maar sy sukkel met haar rok, besluit om weer uit te klim, sit hand op deur en gompie maak deur toe. Duim gebreek.

Nege uur is die onthaal al halfpad klaar toe bruidspaar opdaag. Haar hand in gips, haar gesig dik gehuil en gompie sluip soos ‘n hond.

Die partydjie kry spoed, mense lag en kuier en skerts oor haar ‘gelukkige’ dag. Ek begin aanstaltes maak om te gaan, wag nog net vir die kousband. En ja, bruid het van die stoel afgeval, maar gompie wat teen die tyd al baie paraat rondom sy nuwe vrou was, vang haar galant.

En daar, voor al wat ‘n borg en gas is, spreek bruid die tale en sweer enige vorm van borg af vir die res van haar lewe. My hart bloei vir haar.

3 Comments »

  1. Marina Said:

    Ja wat hou dit maar so ongekompliseerd moontlik!

    Ek is bly jy is terug!!

    My jongste begin die jaar 2 jaar Fotografie kursus by National College in Hatfield…sy sien baie uit!!

  2. mnr.muller Said:

    Hahaha – sjame, arme bruid! Die bruidegom het veels te driftig die deur toegeslaan:P

  3. Amanda Said:

    Dankie, maar nee dankie. Met al die tierlantyntjies wat sy gekry het van die borge, maak dit nog nie op vir die akkie dag wat sy gehad het nie!!


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: