Nog is dit het einde niet

Bruid van die geborgde troue het haar seuwees alles verloor by die onthaalsaal, dus kom sy uitgeput, huilerig en erg omgekrap by die haarsalon aan. Daar staan ‘n flambojante mannetjie met pers strepe in sy hare reg met sjampanje en baie opgewonde giggels.

Binne minute lag bruid weer ene tanne. Hare rys op in ‘n baie moderne kapsel. Pers kop mannetjie staan op ‘n oulike klein boksie om op haar kop te kan sien, want hy is erg kort. In sy opgewondenheid stap hy gou om nog ‘n knippie te kry en val van sy boksie af. Bruid se arm word skrams getref.

Trane en snot en nou boonop ‘n arm met ‘n pers kol wat vinnig sprei daarby. Uit by die salon huis toe.

Tuis is alles reg en rustig. Rok hang teen die kas en bad staan en skuim. Bruid kom weer tot besinning en ons ploeg voort. Grimering word netjies aangesit en nou mag bruid nie weer huil nie. Glip in rok in, alles loop volgens plan.

Nou sak drie fotograwe op haar toe. Die rokmaker, haarstilus en grimeerkunstenaar het elkeen sy eie fotograaf gereel. Ek staan maar my plek vol en kry my skote ook in. So werk ons deur die tuin oor die bruggies, deur die rose verby die fontein en ek sien hier kom moeilikheid.

Bruid is naderhand papnat gesweet en heel verward deur die baie fotograwe. Op haar pers arm, het een verskuil room aangesmeer wat nou lieflike lang beige strepe maak op haar rok. Een kyk en die maskare maak klein swart druppels op die rok se bostuk.

Nou is ek self al lekker gatvol vir al die drama. Die Januarie son bak ons amper moer toe en almal se nerwe word nou dun. Uit die rok in die badkamer in. My hart klem vas as ek dink ons is nog nie eens by die deur uit kerk toe nie. Min weet enige van ons wat nog voorlê.

5 Comments »

  1. boendoe Said:

    Neeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee!!!!!!!!!!

    Asseblief, more? 😉

  2. boendoe Said:

    Of is die Geborde Troue Deel 2? 🙄

  3. boendoe Said:

    Eish. GeborGde 😳

  4. mnr.muller Said:

    Ja-nee, hou op met die suspense! What happened next?

  5. Amanda Said:

    Tick Tock Tick Tock…..dit is nou soos ‘n vervolgverhaal “lees /kyk volgende week verder” en intussen kou ek al naels in afwagting om te sien wat volgende gebeur..ha ha ha ha


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a reply to boendoe Cancel reply