Gevolg

Soms kry ons fotograwe groot verassings by troues, denieteenstaande dat ons voor die tyd soveel as moontlik uitvind. So was dit met hierdie troue.

Sommer met die aankomslag by die bruid se huis, het ek besef ek het geen idee wat op my wag nie. By die voordeur, in ‘n ry, staan 18 pare swart blink nuwe mans skoene van verskillende groottes. Ek wil my nog vergaap, toe word ek binnegenooi. In die huis was dit chaos.

Die eetkamer het in ‘n haarsallon verander. Nege haardroërs loei en stoele word volgesit deur meisies van alle ouderdomme. Krullers word uitgehaal, hare word getease, haarsproei vorm ‘n wolk teen die dak en die gekwetter laat my kop draai. Die sitkamer is vol grimering, grimeerders en mense wat hulle gesigte trek op vreemde maniere. Dit verf, plak, pleister en poeier dat die stof staan.

In die een slaapkamer is ‘n ma besig om seuntjies in swart pakkies in te druk. Dit stoei en roei maar. Die kamer lamgs hulle word eur die ouer seuns gebruik en die AXE, BlueStratos, Brutt en Ego walms slaat my asem weg.

In die hoofslaapkamer is dit onheilspellend stil. Bruid sit stoksielalleen en staar in die spieel. Ek neem aan jy het gesien wat het van my troue geword sê sy droogweg. Voor ons kan gesels, bars die deur oop en ‘n klein bruidjie in ‘n rok en sluier word ingedra. Sy skrou lewe en dood. Bruid sak haar kop in haar hande. Ek werk so goed ek kan.

Dan word daar aangekondig dat bruid nou gaan vertrek. Ek beweeg na buite. By daai voordeur peul hulle uit. Strooimeisies van alle ouderdomme, jonkers meer as wat ek kan tel, klein bruid en gompie en laastens Pa en bruid.

Ek plaas ‘n foto ,maar om hulle te beskerm, het ek die gesigte verdof. Geniet.

img_5830

3 Comments »

  1. meermin Said:

    Is dit nie so bietjie baie oordoen nie, was dit regtig nodig vir so baie???? Dit het seker ‘n fortuin gekos, die gesigte wat jy so verdof het, laat my dink aan die walms van al die spuitgoed wat daar gespuit is!!!

  2. netjane Said:

    Ek is sprakeloos! Ek het net ‘n blommemeisie gehad… Twee uiterstes!😉

  3. boendoe Said:

    😆 Dit was seker chaos, maar so op die foto lyk almal baie mooi en georden. Amper soos ‘n koninklike troue. 😉


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: