Gompie se ma

Selfs al beplan jy hoe en selfs al neem jy alles en almal in ag, het jy nooit volle kontrole oor wat gebeur op jou troue nie. Soms kom die verassing uit ‘n onvoorspelbare hoek en slaan jou skoon van jou hoë hakke af.

Ek het nog nooit gehou van Johannesburg en sy mense nie. Die wyse waarop hulle verby mekaar en selfs verby hulself leef, veroorsaak dat elkeen net om sy eie werf vee. Gompie se ma was van ou geld – Johannesburg geld. Sy word gesien by die regte plekke, doen haar charity werk in die openbare oog, sit op al wat ‘n kom met tee is en tel nooit ‘n muntstuk wat geval het op nie.

Gompie het beslis sy ma se bloed in sy are maar kort nog die fynere kunsies wat net tyd bring. Bruid pas in asof sy gompie se suster kon wees. Haar skoonma word in elke grappie ingedeel, kyke word geruil, elmboë word liggies gevat en die winkels verwelkom die twee alreeds as ‘n paar. Op die oog af lyk dit plain sailing.

Troue is klein en intiem. Gastelys is gelaai met almal wat in die stad kan wees. Bruid en skoonma deel ‘n ontwerper. Bruid is fabelagtig in haar tabberd, maar skoonma voel gebelgd. Haar uitrusting steek te veel af. Klein fyn stekies begin tussen die twee. Subtiel word die lyne getrek – bruid sal nie haar dag onder enige een staan nie en skoonma sal nie ‘verslons’ opdaag nie. Bottom line.

Nou in die fliek weergawe van hierdie scenario, val mense in mekaar se arms en gaan hulle oë oop vir hul foute. Trane vloei en troues word uitbundige vierings van familie bande. Nie hier nie. Binne ‘n paar minute het ons vir bruid aan die uittrek terwyl skoonma deur die toe deur al bruid se slegste eienskappe uitgil. Niemand kan, of wil keer nie.

Uiteindelik, gaan deur oop en bruid stap vir die voordeur. Skoonma besef sy moet nou keer, maar na haar eerste poging tot vrede verwerp word deur aaklige beledigings wat begin by haar skilpad nek en begin afdaal na die hangende borskas toe, swaai skoonma die voordeur self oop en help bruid met die skoen uit.

Gompie wag liefies op bruid, salig onbewus dat hy binne oomblikke die keuse van sy lewe moes maak…

3 Comments »

  1. meermin Said:

    Gelukkig is ek maar plat op moederaarde, image nou net gompie se ma se vlerkies word geknip, sy gaan met ‘ n val ‘n moerse val terugkom moederaarde toe!!

    Nee geen mens moet jou kind ‘n keuse gee, van of ek of jou lewensmaat NIE!!

    Mag hierdie auntie haar gaai sien en gou ook!!

  2. boendoe Said:

    Gaan jy ons red van ‘n lewenslange gewonder? Wie het hy toe gekies?? 😆

  3. Dellie Said:

    Ek sal ook graag wil weet…😉


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: