Kanselwals

Plattelandse troues gebeur op hoorsê. Ek hoor die bruid is nou op pad, julle kan maar ingaan. Of ek hoor klein Jannie van Sus gaan trou met daai Venter meisietjie wat destyds in matriek amper swanger was. Sarie vertel my die troue Saterdag in die Skousaal was so mooi, ai ek wens ek kon sien.

Nou skiet ek egpaar op ‘n baie klein plekkie. Almal ken almal. Hoorsê hang oor die dorp soos ‘n wolk by dag en ‘n vuurkolom by nag. Die twee is kinders van daai plek. Hy boer op sy pa se plaas, sy werk innie gemeenskap. Hulle trou in ‘n goddelike mooi kerk en dan opskop ons op die skougronde waar die skaap en vark al heeldag oppie spit sis.

Ek en bruid het pret. Sy is in haar eie wêreld en ons skiet belaglike mooi fotos in die strate van die doprpie. En eindig by die plaaslike kroeg waar ons gompie kry – so afgespreek nie per ongeluk nie. Daar draf die twee deur ‘n glas sjampanje wat die kroegvlieë voorwaar voor ingeclub het. Gompie sluk sommer ‘n vinnige bier ook af en bruid help maar as hy nie alles klaar kry nie. Kerk toe.

Na ‘n stugtelike diens, waar net die gekoer van ‘n duif hoog op die dak gehoor is, begin Ds met die formulier, maar die egpaar begin redlik te wieg op hul bene en kort voor lank kan mens sien die twee knyp nou vir die vale. Die formulier verdoof enige onderbrekings.

Dan koes gompie half onder die veil in, fluister iets vir bruid en storm by ‘n sydeur uit. Bruid sak af op haar knieë in snorke van lag en kry die wonderwerk van alle tye reg deur droog tot sit te kom. Sy hou haar kop af omdat haar gesig vettrek is van lag en lippe byt om nie nou te glip nie.

Gompie kom terug, gee ‘n verleë laggie vir die gemeente en help bruid galant op. Ringe word geruil en registers geteken.

Nog voor ons van die foto nemery by die onthaal kon aankom, hang daar reeds ‘n reuse wolk oor die skougronde – swanger, suiplap, suipllappe, vallende siekte, gompie het gaan pille haal, gewas op die brein, koue voete en ‘n kwaai skoonpa buite, uitputting, ek hoor sy sê…………

4 Comments »

  1. meermin Said:

    Hie hie, hoe lekker lag ek nou, sit hier met ‘n beer van ‘n smile op my bakkies, jong ons het so dame geken in Beestekraal, as sy jou net kon gewaar, het jy gehoor, ek moet jou gou vertel, ons het haar “hoor sè” genoem, lief vir skinder, nee kyk ek het altyd myself vinnig uit die voete gemaak, want daardie ek wil jou net gou vertel, dan nooi sy haarself, dan kuier sy die hele dag, en net sy gesels, jy sit maar net en ja en amen!!

  2. Johan Swarts Said:

    Baie geluk! Jy het die Silwer Ponie gewen!

  3. Dellie Said:

    Ai, as ‘n mens moet gaan, moet jy gaan!😆

  4. Marina Said:

    🙂 🙂


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: