Oogomlyner

Bruid was ‘n meisie wat nooit enige grimering gebruik het nie. Sy was boonop pragtig daarsonder, maar vir haar troue kry sy toe ‘n grimeerkunstenaar om net so hier en daar bietjie in te kleur. Vroeg oggend is daar al ‘n besige atmosfeer by bruid se aantrekplek.

Sy dryf lui lekker in ‘n bad rond terwyl ander haar rok en en goed regkry. Haarkapper vat oor toe sy uitkom en doen hare. Toe staan make up nader. Sy werk vinnig en binne minute is bruid amper onherkenbaar mooi. Klein lipstiffie, bietjie blosser en ‘n oogomlyner doen die truuk. Wimpers word met maskara uitgestryk en siedaar – klaar.

Nou is bruid effens gegooi. Sy is gewoond aan haar gesig vat en skielik mag sy nie. So glip sy in rok in, maar sy begin kla dat haar oë brand. Nee wat sê ma, jy is maar net nie gewoond nie. Na twintig minute begin daai bruid se oë toeswel soos een wat deur ‘n by gesteek is.  Kry vir haar uit rok uit en gaan was haar gesig. Dit maak dit net erger.

Haar trane help ok nie. Tante gee haar sommer 4 anti histamiene in om die allergie teen te werk, laat haar lê en gooi ‘n klam waslap oor haar gesig. Bruid snik soos ‘n klein dogtertjie wat raas gekry het en nie mag huil nie. Die snikke raak naderhand stiller en kort kort loer een onder die waslap in.

Dan tref dit vir Ma – word wakker my kind! Bruid snork kliphard met fyn spoegies in haar mondhoeke. Daai pille slaat haar soos ‘n hammer. Haar oë sak af en die helpers probeer haar terug kry in haar rok, maar dit is makliker om ‘n lappop aan te trek. Bruid hang soos ‘n dronkie aan alles en almal en los jy haar, sak sy stadig net daar inmekaar.

Gompie moes maar wag tot bruid haar pil-roes afgeslaap het voor hulle daai dag kon trou. Het egter goed uitgewerk deurdat ma slim planne gemaak het en gaste solank aan die kuier gekry het. Soort van eers onthaal gevolg deur ‘n troue.

3 Comments »

  1. boendoe Said:

    😆 😆

    Dankie, my daaglise dosis humor!

  2. Dellie Said:

    Arme ding!😆

  3. meermin Said:

    shame man die arme bruid!! Slim van die ma om die gaste eers te laat kuier voor die troue!!


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: