Rom tom tom

Bruid en gompie se troue was eg Afrika. Van die ystervarkpenne in haar rok en hare tot sy luiperd motief hempie. Braaivleis en pap uit kleipotte. Groot vure en lapas spesiaal gebou vir die geleentheid in die ope lug. Voorwaar ‘n belewenis, veral omdat die ouerpare ok maar by die Afrika tema ingedress het, maar die gaste staan rond in hul aandrokkies en mans in pakke.

Die seremonie word in ‘n boma, so ‘n klein geboutjie waar die gaste styf moet indruk onder die lae deur in en dan so na as moontlik aan die muur hul sit op velle moet kry. Die gekreun en gesteun is kliphard soos die spulletjie begin sit kry. Na ‘n ruk sit almal en begin hulle voltyds sweet want lug is maar skaars in die vensterlose boma.

Afrika troue sal net nie dieselfde wees as bruid betyds opdaag nie, dus kom sy 35 minute laat. Aspris. Gaste is naby aan uitpass op die stadium. Voor bruid loop haar persoonlike blessing op voete. Die man gil en skreeu dat dit klap oor die goeie eienskappe van bruid. (Hy het seer sekerlik niks geskreeu oor haar bedagsaamheid teenoor haar gaste nie.)

Flink koes hy in die boma in en almal wip van die skrik as hy skielik skrou. Hy swaai sy bokstert rond en dryf eers al die bose uit die boma uit. Die gaste raak effens verwilderd, maar die ergste kom nog. Vyf tromslaners , nogal uit Ghana sou ek later hoor, maak hulle entrance en begin daai dromme slaan.

Ek sweer ek kon hoor hoe party oordromme skeur en ‘n gehoor aparaatjie skoon fuse van die geraas. Maar die lot slaat en dans. Stof begin opstyg en hulle sweet druppels spat oor die gaste. Tien minute se dromme en daar verskyn bruid en gompie uiteindelik. Gaste is nou te verlam deur doodgesitte bene en te doof om te hoor wat aangaan, dus bly hulle verslae sit en staar voor hulle uit.

Na al die Afrika, spring daar ‘n NG dominee op en doen sy preek en troubeloftes. Uiteindelik klaar, begin die tromme weer en gaste sien dit as hulle teken om die deur te bekruip. Dit lyk kompleet of een daar binne ‘n bom gelos het. Ooms en tannies kruip hande viervoet uit die deur uit en bly sommer net lê in die vars lug. Bruid straal en vertel net hoe hierdie haar droom was – om ‘n heeltemaal anderse troue te hê. Die het sy dan wel gehad.

2 Comments »

  1. meermin Said:

    So troue wil ek beslis NIE bywoon NIE!! Ek sal dooi in daai warm gat, en as daardie tromme begin klap, spring ek op en val neer en kruip by daardie gat uit, en bruid sien my NOOIT weer NIE!!

    DUIDELIK HET SY HAAR ANDERSE TROUE GEHAD!! So het elke bruid maar ‘n droom!

    Geniet die dag.

  2. Dellie Said:

    “Ooms en tannies kruip hande viervoet uit die deur uit en bly sommer net lê in die vars lug.”

    Whahaha! Ek sou my slap gelag het…😆


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: