Gie gie

Bruid arriveer mooi op tyd by die kerk, maar word voorgekeer. Ons wag net gou vir die orrelis. So glip sy en bruidsmeisie gou om die hoek om ‘n sigaret te rook langs die kerk. Daar vind hulle ‘n bankie teen die kerk muur en gaan sit.

Gou gou is die twee aan die skinder. Wonder wat my skoonma gaan aahnhê – seker weer een van haar broekpakke. Het sy ooit ‘n rok in haar kas. Arme skoonpa, voel seker of hy ‘n man getrou het. Gie gie giggel die twee.

Hoop nie gompie word so dik soos sy pa nie. Gie gie. Neef Gert moet tog seblief net nugter bly – vader weet wat suip hy deesdae so. Seker daai vrou van hom – het glo ses maande laas aan hom geraak en dit was ‘n verbyskuur by ‘n braai. Gie gie.

Man maar die g-string sny my vandag nog middeldeur. Trek uit, niemand sal weet nie. Nou help gou. Skuifel skuifel. Gooi sommer innie tuin. Gie gie gie.

Die laaste wat die gemeente hoor  waar hulle sprakeloos in die kerk sit en luister na die twee wat onwetend onder die oop venster sit, is: O fok! Hoe sê Ma? 

Gie gie!

3 Comments »

  1. meermin Said:

    Hie hie!! Het hierdie troue toe ooit plaasgevind?

    ‘n Geskinder is soos lekker kos mense sluk dit te maklik!!

    Shame die arme twee wou mos so sit en skinder … kon die twee nie dink dat die kerk gewoonlik voor ‘n troue tjoepstil is nie??

    Lekker naweek.😉 😆

  2. boendoe Said:

    Berge bedek my! 😆

  3. Dellie Said:

    😳 Ek weet nie of ek die moed sou gehad het om daai kerk binne te stap nie…😆


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: