Gompie en die rok

Bruid het ‘n reuse uitskop rok gedra. Klein bo en dan lae en lae lap wat oopgehou word deur lae op lae net onderrokke. Lomp en swaar was die rok, maar het vir die mense veerlig gelyk soos dit swiep swiep saamstap.

Al probleem was dat dit haas onmoontlik was om teen bruid te staan, wat nog te sê haar soen. Gompie wou maar net styf by sy bruid inhaak.

Daar, voor die kansel, haak hy toe in en die twee gee die laaste tree tot voor die kansel. Met die trap hy die rok vas. Die skeurgeluide trek deur die kerk. Bruid stoot hom weg asof hy skielik gif is. Gompie gaan staan en kyk haar verslae aan. Kyk waar jy trap sis sy.

Gompie vererg hom bloedig en staan ‘n hele meter van haar af. Deur die diens probeer sy haar bes om hom nader te wink sonder dat iemand sien, maar gompie staan.  Met die teken van die register staan hy weer nader om darem sy bruid te soen, maar o wee, daar trap hy die voorkant vas en weer skeur die rok.

Dit was soveel as wat gompie kon verduur. Bruid se suur gesig oor hy haar rok skeur versus sy diepe behoefte om net sy vrou te kan vashou en soen word opgeweeg. Net daar sneuwel die huwelik.

Gompie stap daarvandaan ‘n meter agter bruid net waar hulle gaan, by die kerk uit, by die onthaal in. Niks wat sy doen of sê verander sy mind nie. Die twee is naderhand witwarm van woede, maar gompie kom nie naby bruid nie.

Wonder of hulle nog bymekaar is?

2 Comments »

  1. Ogies Said:

    Dit gaan my verstand te bowe dat vrouens steeds nog soos ‘n meringue wil lyk as hul trou. En jou inskrywing is nou net weer ‘n bewys daarvan.

  2. meermin Said:

    Arme arme gompie! Asof dit nou skuld was dat haar rok sulke lae en lae en lae en lae gehad het! Nie juis ‘n goeie begin vir ‘n gelukkige huwelik nie!


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: