Sit sit so

Terwyl ek onder die rok is, wil ek graag weet – hoekom moet bruide gaan pie as hulle kant en klaar aangtrek is? En sommer ok, hoekom gaan almal in die kamer saam om te help?

Senuwees by vrouens sit soos ‘n klamp om die blaas, wel so dink ek. Wel, die lagspiere van vrouens sit ok daar, maar dit is ‘n ander storie.

Menige keer is ek al geroep – jy MOET dit sien! Daar gekom, sit bruid op die pot.  Dadelik wonder ek of dink bruid sy is die heel eerste een wat ek so sien. Gewoonlik neem ek ‘n foto en loop, maar een keer het selfs ek verstard bly staan en kyk.

My bruid het aangetrek in ‘n stokou gastehuis met houtvloere en stof oral. Die boonste vloer was basies een groot slaapkamer met ‘n ensuite badkamer. Maar die toilet was nie daar nie, dit was binne in ‘n ou hangkas weggesteek. So skuif bruid agteruit, rok oor die kop om binne die kas en op die regte plek te gaan sit.

Sit gekry, word ek geroep vir die foto. Lae en lae rok peul uit die kas uit en bruid is erg verleë. Maar toe sy klaar is en wil opstaan, begin die sirkus. Eers kom sy nie self regop nie, dus trek twee dames aan haar arms. Baie lag en sukkel maak bruid se bene effens lam. Met ‘n grootse pluk kry hulle vir haar op, maar bruid val reg agteroor terug in die kas in.

Kas se rug bars oop en bruid val tot teen die vuil muur agter dit. Haar rugwerwel skuif toe sy agteroor oor die pot val, die splinters krap haar arms flenters en sy gil van pyn. Lank gesukkel om haar uit die kas te kry, maar gelukkig is sy een van daai wat kan lag, selfs met haar fyn broekie op haar enkels agteroor in ‘n poefkas.

2 Comments »

  1. meermin Said:

    O wee, ek sien hierdie prentjie so duidelik voor my!! Die arme arme stomme bruid! Hoekom nie eers maar gaan pp voor jy aantrek nie! Klink na ‘n lekker sirkus! Geniet die naweek.

  2. Marina Said:

    Kan ons nie ‘n foto sien van die bruid in die kas nie ssssseeebliiieeefff!


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: