As jou hart skeur

Gewoonlik staan fotograwe heel neutraal teenoor troues, maar daar was een troue wat my hart aan stukke geruk het. Selfs soos ek hier tik, sluk ek swaar aan die knop in my keel.

Sy was pragtig, jonk en vol lewe. Hy was sterk, stil en versot op haar. Hulle het my al ‘n jaar voor hul troue bespreek. Tyd het aangeloop. Toe lui my foon op ‘n dag. Dit was gompie.

Die reuk van hospitaal klou aan my neus en die eentonige bliep geluide van die ICU maak my kop mal. Bruid lê half skuins teen haar bed op. Pype peul oral uit haar uit. Iemand het ‘n klein sluier op haar kop vasgesteek, sommer so tussen die bloedbesmeerde hare. Haar oë vang myne en ek sien haar vrees.

Gompie hou haar styf vas terwyl ‘n predikant sag met hulle praat, hier by haar oor sodat sy kan hoor. Sy knik effens as sy moet ja sê en ek neem ‘n foto. Dan sterf sy sag. Gompie haal versigtig al die pype uit haar keel, vee oor haar hare en kyk na my. Nou kan jy haar afneem sê hy sag. Daardie foto van ‘n engel wat slaap, bekyk ek soms weer as die lewe voel hy druk.

Mense wat drink en bestuur, weet nie hoe hulle ander se lewens verwoes nie.

4 Comments »

  1. Suz Said:

    Dit is ongelooflik hartseer, ek wens nie eers my grootste vyand so iets toe nie.

    Ek kan ook nie verstaan hoekom mense nie die verantwoordelikheid het om nie te drink en te bestuur nie. As so iets met hulle gebeur dan sal hulle seker eers tot die besef kom dat dit verkeerd is.

  2. Marina Said:

    Ag nee😦 Ek kry koue rillings!!!!

  3. meermin Said:

    Ek sit nou hier met hoendervleis, dit is so hartseer!!

    Ek gaan jou net nou ‘n mail stuur.

  4. Dellie Said:

    Dis so hartseer.😥


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: