Boemerang

Bruidsruikers word gewoonlik op een of ander stadium van die troue oor die bruid se skouer gegooi sodat die een wat dit vang geluk sal kry in haar soeke na liefde. Amper soos die Olimpiese fakkel van trou. Almal doen dit anders, maar die risiko bly maar hoog om op Amerika se snaakste videos te eindig.

Dit was ‘n spogtroue. Haarfyn beplan en perfek uitgevoer. Bruid se ruiker was ‘n A-lyn nommer wat amper op haar tone gehang het. St Josef lelies en ligpienk orgidië wat in lae fyn groen blare na onder tuimel. So in my agterkop wonder ek of bruid die ruiker gaan gooi.

Maar sy is sommer naar oor die blomme toe ek haar vra. Is jy mal snou sy my toe. Die ruiker kos my drie duisend rand. Dit is nou die soveelste keer dat ek daardie dag moet hoor wat wat gekos het en ek is redelik gatvol daarvoor.

Bruid sit vir handruiker versigtig op haar stoel neer en sweef vloer toe in haar R 20 000 rok. Daar gee bruidsmeise vir haar ‘n R3.99 klein bossie blommie om te gooi. Na vele aanslae, opruing van die meisies wat staan en wag en ander goed beplande drama vlieg die bossie deur die lug.

Troue gaan voort en na ‘n ruk sweef bruid weer terug na haar sitplek. Op haar stoel lê die hartseer behoorlik plat gesitte bos blomme. Geen tantrum wat sy gegooi het, dreigemente wat gompie gesis het of mooi praat wat Ma van die bruid gedoen het sou die skuldige laat opstaan het nie.

Troue sommer gedemp en atmsofeer verbreek. En dit oor ‘n bos blomme – wel darem duur blomme.

2 Comments »

  1. meermin Said:

    Een ding wat my ook vreeslik afsit is, die ding het soveel gekos, daai ding het my soveel uit die sak gejaag, sien jy daai ding in die hoek, dit was ‘n klein fortuin, dan word die prys genoem!! Sulke mense gee my ‘ n gat kramp!!

    Lekker gelees!!

  2. Amanda Said:

    My handruiker gaan net R200.00 kos, lelies is blykbaar DUUR!, en dit is klaar te veel vir my..

    Ek gebruik eerder die geld wat ek op al die DUUR dinge sou betaal, om in my huis in te stoot. Mense kom vreet net jou kos en skinder agterna oor wat alles verkeerd was. Ek gaan nou nie ‘n “goedkoop look” hê nie, maar ek werk slim met wat ek het en my R8,000.00 troue gaan soos ‘n R100,000.00 se troue lyk… en… net die mense wat my help om alles te reël weet en sal weet wat alles kos!


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: