Wat ‘n klomp strooi

Confetti is nie meer wat dit was nie. Weg is die wolke klein ronde stukkies papier waaronder menige huwelike hul begin gesien het. Kerkrade verbied dit op hul gronde – en ek dog dit is God se huis, maar nou ja, die papier is uit.

So begin daar ‘n nuwe industrie – wat gooi mense nou by troues? En raak die spul nie absurd nie. Organies skrou een en vir jare val daar droë blomblare, grassade, vars roosblare, eetbare confetti. Rys maak weer ‘n probeerslag maar selfs die gekleurde tipe maak erg seer.

Papier linte koek en klou aan roosbome langs die kerkpaaidjie, trek helder kleur strepe oor gaste se klere by die geringste nattigheid.

Kosters vee vies vies al die ‘organiese’ goed ook op want daar is nie tyd vir die natuur om die teken van feestelikheid weg te verrot nie.

Een aap blaas op ‘n slag borrels en daar gaat hulle. Al wat ‘n gas is staan met seepvingers, brand oë en klein kindertjies (wat die goed probeer drink) by die kerkdeur en wag. Blaas to hulle blou is, maar borrels gaan orals heen behalwe na die paartjie toe. Party bring selfs masjiene wat duisende borrels produseer. Die goed laat fotograwe vloek want dit bars teen hul lense.

‘n Ander swaap besluit skoenlappers is net die ding – kyk te veel Disney movies. Lewende diertjies word in absurde papier houers vasgepen om dan in pragtige ‘wolke van kleur’ uit te vlieg. Wat egter gebeur is dat kinders en selfs siek grootmense die arme diere se vlerke afruk, dooddruk of met soveel geweld uit hul papier tronk skud dat hulle net voor hulle voete morsdood neerval. Die DBV behoort elkeen wat hierdie praktyk uitvoer sommer diep innie tronk te stop.

Maar die wenner van die idiote se confetti is die duiwe. Gewoonlik wit, verskrik en dors, sit hulle in hokke en wag om vrygelaat te word. Teken van ‘n nuwe begin, maar vir wie nou eintlik? Gelukkig kry duiwe ook hul oomblik.

Menige gas, bruid, gompie en selfs fotograaf kan getuig van die strontstreep wat hulle al getref het by duif troues.

En al die martelings en ander vreemde goeters wat deur die lug trek is net oor een ding – die koster is te sleg om confetti op te vee. Wat is in elke geval mooier as ‘n Sondag diens waar die gemeente aankom oor papier confetti wat hulle elkeen ‘n warm gevoel in hul harte gee oor die liefde?

Terloops, die strooi van confetti is heidense bygeloof, maar dit is ander dag se storie.

6 Comments »

  1. Die skoenlapper-idee is bloot wreed en siek! Glad nie “cool”nie.

  2. Dellie Said:

    Lekker om weer jou stories te lees!🙂

    Ek stem Rosa, dis wreed!😯

    Ek dink ons het wit en pienk streamers gehad… maar regte egte confetti bly tog maar die mooiste.😉

  3. Roer Said:

    lol@strondstreep

  4. meermin Said:

    Hoe sleg voel ek nou, was laasweek laas hier, ons is so besig by die werk, ek het maar 2 blogs gister gelees!! Dankie toggie ek het hier kom inloer vanoggend voor al die berge en berge en berge werk hulle opwagting hier kom maak!!

  5. Marina Said:

    Ek stem nog vir die confetti!!!! En dan sommer so sak of wat in bruid en gompie se tas skelm tussen die klere gestrooi!!!! Doen mense dit nog??

  6. Nelba Said:

    Ek het besluit op ons troue gooi niemand ons met niks. Dis eintlik vir my vernederend.Ons het by die deur gaan staan en ons gaste elk met die hand gegroet soos hulle uitloop. Klaar.


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: