Getroue lesers en ‘n skrywer wat weggeraak het

Dagsê. Dankie vir al die navrae en belangstelling tydens my afwesigheid.

Ek was besig om die boek van hierdie blog aan mekaar te sit en wat ‘n proses was dit nie. Die boek lê nou by my uitgewer en sal seker teen Februarie 2009 op die rak wees. Ek sal persoonlik sorg dat my getroue lesers elkeen hul eie kopie ontvang. Nominate jouself met ‘n boodskap.

Ons het die boek aangepas om bruide, gompies en fotograwe met mekaar te versoen. Daar is hope raad en planne vir perfekte foto sessies, klomp histeriese stories oor troues, ‘n uiters bruikbare Troubeplanner en nog vele meer. My boek is beskikbaar in Afrikaans en Engels – oorweeg nog Afrika tale.

Ek is weer op en aan die gang en lus vir skryf. Daar is baie opwindende veranderinge op pad vir die hele trou industrie hierdie seisoen en ek sal so bietjie die sluier daaroor lig. Die trend is organiese troues waar koste besnoei word en die idee van ‘n baie lekker kuier sessie saam met vriende en familie die fokus is. Slim planne.

Dan vat ons weer die blog se leisels vas. Sien julle weer, selfde tyd, selfde plek.

Karl

9 Comments »

  1. meermin Said:

    Ek het regtig begin bekommerd raak, loer hier in en sien dieselfde inskrywing elke dag!! Ek sal die boek graag in hande wil hè, sommer eerste ook!!

    Lekker dag verder!

  2. Amanda Said:

    UITEINDELIK is jy terug! Ek het jou stories baie gemis, so jy moet nou baie gou weer begin pos nè!!!

  3. rb Said:

    Bly jy is terug, geniet jou stories!

  4. Dellie Said:

    Welkom terug, en welgedaan met daai boek! Ek sal baie geëerd voel om ene te besit.😉

    Sien uit na jou volgende stories!

  5. mnr.muller Said:

    Hey, great om jou terug te hê! En geluk met die boek – ek is seker dit sal ‘n treffer wees!🙂

  6. Dis ek, Annie Said:

    Uiteindelik! Ek dog jy het dalk die wêreld verlaat. My dogter is ‘n wedding planner in haar vry tyd en sy sal sekerlik die boek koop. Laat weet maar waar as dit uit is.

  7. Marina Said:

    ♪ for he’s a jolly good fellow♪ welkom terug!!

  8. sonneblomseplekkie Said:

    Goeie idee die boek ding. Gelukkies 😉 Bly jy is terug, geniet jou stories vreeslik.

  9. Viv Said:

    So pas op die webwerf afgekom, soek haarstyle en ek het dit nou al vir die afgelope 3 ure goed bestudeer, baie gelag ook.
    Sal definitief al my pelle vertel lyk heel komies!!


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: