Appelkosie

Klein dingetjies kan reuse impak hê op jou troue. Ouma se suiker appelkosies was gompie se doodsteek – hy kon ‘n sak vol opeet. Dus reel bruid dat daar ‘n sakkie by sy aantrekplek vir hom gesit word. Groot vreugde en baie liefderik eet hy terwyl hy aantrek.

Meteens kreun die ou erg. Spoeg in sy hand en staar verward na die halwe voortand wat vir hom teruggloer vanuit sy handpalm. Storm spieel toe. Daar sit die boonste helfte van sy voortand nog. Gompie slaat erge paniek – so kan hy onmoontlik gaan staan en trou.

Prakties – soos mans maar is, moet die tand nou ten alle koste reggemaak word. Hotsuff, besluit gompie en sy helpers. (Die wat nie Hotstuff ken nie, dis daai gom wat binne sekondes set en klou vir dood.) Nou staan een met ‘n haardroër en blaas in gompie se mond in om dinge droog te kry. Gompoie se oë traan, sy kleintongetjie word erg verbrand en hy kan nie eens kla nie.

Oom sit solank gom op stukkie tand. Met sy dik wortel vingers probeer oom nou tand op sy plek plak. Glip en daar sit tand nou aan sy vinger vas. Pluk af, krap skoon en probeer weer.

Ondertussen moet gompie weer geblaas word want hy kwyl nou soos ‘n klein hondjie. Tweede poging om tand terug te plak – nou sit een kant van gompie se lippe aan mekaar vas en stuk tand lê op die vloer. Duidelik gaan Hotstuff nie werk nie.

Sukkel lippe los. Nee sê oom, Vasvat is die ding. En so begin hy sommer meng ook. Druk die paste aan die stuk tand vas. Gompie kreun nou erg want die haardroër het sy tandvleise al bloedrooi gebrand. Gee, ek sal self sê gompie en vat vir Vasvat tand goed vas. Met een druk, druk hy vir tand vas en hou vir lewe en dood tot die vasvat sy ding doen.

En sowaar, daar sit tand weer. Net een probleem, gompie het tand verkeerdom geplak. Maar nou kan dit nie anders nie – hy is so met die agterstevoor tand getroud.

8 Comments »

  1. meermin Said:

    Ag toggie die bruid moes dit agtergekom het die minuut toe sy hom soen!

  2. Amanda Said:

    Hierdie blog laat my net meer en meer lag! Ek stel my elke prentjie by elke storie voor en LGMA.

  3. Dellie Said:

    Whahaha!😆

  4. Adrie Said:

    Haai, nee.

    Ek sal daardie foto’s wil sien.

  5. Bottertjie Said:

    Arme drommel! Maar die mans maak altyd ‘n plan, ne!

  6. meermin Said:

    Halllllo waar jy? Mis al die trou stories!! Lekker dag verder.

  7. Roer Said:

    Dit klink soos iets reguit uit ‘n Mr. Bean fliek uit.😆

  8. sonneblomseplekkie Said:

    Wat het van ons troustorie man geword????? Waar is jy hum?


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: