Gompie bars uit

Gompies is berug vir uitstel, dus word hul trouklere gewoonlik vir hulle gekoop, reggesit en soms sommer aangetrek ook. Net so was dit met hierdie gompie.

Bruid het ses maande voor die troue vir gompie gemaak pas tot hulle ‘n perfekte pak klere gekry het. Hemp, das en skoene en gompie kon relax. Soos die weke aangaan, begin gompie se senuwees knaag en hy vind sy uitkoms in bier en snacks.

Dag van die troue word pak uitgesit en alles is gereed. Halfuur voor kerk spring gompie deur die stort en in die pak in, maar o wee – hy kry nie vir broek toe nie. Te skaam om te sê, sukkel hy maar vir gulp op met behulp van ‘n draad hanger, glip vir knoop deur en sit sy gordel aan.

Toe dit by skoene kom, besef hy dat hy nie kan sit en sy skoene vasmaak nie – sy asem jaag en hy snak erg. Vra maar sy broer wat hom lag lag uithelp. Nou staan gompie kierts regop en lyk al hoe valer om die kiewe. Sy rug pyn, sy pens druk sy longe toe en hy is nog nie eens by die kerk nie.

In die motor op pad soontoe, gee broek se gatnaat die gees. Die skeur begin heel onder en loop tot amper bo by se belt. Chaos. Stop net daar en spring uit die kar uit. Nou moet almal help kyk of die baadjie die skeur toehang, maar die nuus is teleurstellend. Mens sien net rooi onderbroek.

Boer maak ‘n plan en net daar ruil hy en strooijonker onderbroeke, want sien, strooi het dieselfde kleur onderbroek as die gompie se pak aan. Nou is skeur nie so opsigtelik nie. So is gompie gekerk.

By die onthaal het strooijonker sy mikrofoon kans waargeneem om sy onderbroek terug te vra. Gaste was effens verbaas, maar toe gompie sy buiging maak om sy probleem te wys, was daar gelag en geskerts vir lank.

3 Comments »

  1. meermin Said:

    o wee die trane die loop soos ek nou gelag het!

  2. Wipneus! Said:

    whahaha 😆

  3. Blogkies Said:

    Hi, ek lees altyd websites en blogs wat wenke gee vir toekomstige trou paartjies, Ek self is ‘n “Wedding Service Provider” dmv klanktoeristing en musiek (Dj). Het jy al wenke vir bruide en “gompies” gegee oor hoe om hulle DJ’s te kies ? Ek het so ‘n artikel geskryf op my website kyk gerus
    http://www.functionmusic.co.za/ChoosingDJ.html

    Groete

    NS ek sal dit in Afrikaans vertaal as jy belangstel


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: