Strikke

Gekompliseerde rokke kan baie mooi wees, as jy weet hoe die ding werk..

Bruid het rok gehuur. Pragtige korset bo en onder lae en lae ragfyn tulle wat uiklok in ‘n prinses styl. Romp ryg in met ‘n band, dus pas bruid net bostuk aan en daar gaat hulle met die rok.

Die oggend van die troue glip bruid die hoepel onderrok aan en net daar begin die probleme. Die onderrok is te kort – set net bo haar knieg en boonop is die draad wat die onderrok oophou in hoepels baie hard. Bruid spook maar die rok bo-oor.

Dit lyk te kommieklik. Klein bolyfie en dan ‘n harde klok waaroor die materiaal amper span en dan skielik versag onder die knieë. Met elke beweging wat bruid maak swaai die onderkant van die rok heen en weer. Sy lyk nogal soos Marie Antoinette, maar glo my, haar kop is veilig (meer as wat die verhuur tannie kan sê.)

Uit met die onderrok. Nou hang rok soos ‘n sak en bruid kan glad nie loop nie want die romp is hopeloos te lank. Terug in die lampskerm.

Bondel vir haar letterlik in die troukar – die onderrok spring die kant toe en daai kant toe. Bel solank vir tannie verhuur – sy moet NOU kerk toe kom. Daar gekom staan die vrou en wag.

Toe bruid tranerig voor haar staan begin die vrou lag dat haat boesom skud. Al wat sy uitkry – die strikke, die strikke.

Die onderrok se draad lae word met strikke bymekaar gehou vir vervoer – bruid het nie geweet sy moet hulle eers losmaak nie. Alles wel eind wel.

3 Comments »

  1. sonneblomseplekkie Said:

    Haai shame…lol…pleks die verhuur tannie haar net gesê het voor sy uit is met die rok…dis mos nou nie of mens elke dag trourokke dra nie😀

  2. meermin Said:

    Shame die arme bruid!! Verhuur tannie moes haar eers gewys het hoe die rok “werk” hoe alles inmekaar pas en so meer!! Arme bruid! Ek sien in my verbeelding hoe sy staan en sweet en swoeg, en huil en bewe!! Ten minste het alles goed geeindig vir haar!! Wonderlike naweek vir jou Karl!

  3. TristonJ Said:

    Die arme bruid!! ek sou rooi gesien het… in teen deel het hulle met my disaster troue my onder rok verkeerd gekry… so ek weet goed hoe die arme bruid gevoel het!


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: