Faantjie

Gompies doen oor die algemeen maar hul eie ding voor, tydens en na troues. Hulle val maar in by die planne, maar nie Faantjie nie.

Hy was rond, vriendelik en saggeaard. Sy was ok rond, vriendelik en saggeaard. Hulle het mekaar geken van Sub A af en nou op 23 gaan die twee trou. Almal is bly. Op klein dorpies werk dit maar so, jy vat een wat jy ken, trek in ‘n huis in en bring jou kinners op om in dieselfde skoolbanke te gaan sit.

Faantjie had nog altyd ‘n kreatiewe streep in hom. Hy rangskik blomme, verf lappe, bak vir die skou en maak konfyt in die winter. Sy ma vertel altyd dat niks vir Faantjie se hande verkeerd staan nie. Dus is Faantjie midde in sy eie troue – hard aan die werk.

Saans maak hy plekmatjies deur blare te pars en op mekaar te plak. Servetringe draai hy op die draaibank uit hout. Dan verf Faan weer herfskleurige tafeldoeke, stik lapservette om, maak organza strikke vir die stoele en sweis staalrame vir blomstaanders. Al te gelukkig.

Verloofde maak rokke vir almal en sommer haar eie trourok ok. As sy vashaak help Faantjie uit. Saam bak hulle hul troukoek en sit nagte om en maak suiker blomme daarvoor. Die twee beplan omtrent en die spaarkamer loop al oor van die trougoed.

Week voor die troue is alles klaar en begin Faantjie op sy eie die stadsaal uitverf, tafels te skrop en stoele wat stukkend is te lap.  Hy slag ‘n skaap vir die spit, kap hout vir gtoot vure en skrop sy braai toerusting.

Dag voor die troue is Faantjie erg besig. Teen laatmiddag staan die tafels en pronk, is die kroeg uitgepak, due vure gepak en die troukar gepoets. Alles perfek vir die troue.

Hulle het Faantjie drie uur daardie nag gekry. Langs sy stoel aan die bruidstafel – morsdood. Party sê hy het homself doodgewerk.

5 Comments »

  1. meermin Said:

    Die arme bruid pleks van troue te hou, gaan sy nou begrafnis hou! Dit is hartseer!

  2. Marina Said:

    Ag shame!!!!!!

  3. Dellie Said:

    Siestog!

  4. Pikkelik Said:

    Agge nee….

  5. oopkop Said:

    Shame, dis verskriklik.


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: