Blombal

Bruidsruikers is so uniek soos bruide. Langsteel rose, lelies in ‘n bos, engelse posies – elkeen dra ietsie anders. Hierdie bruid van my het egter haar blomme gehaat soos pes en dit voor ons nog uit die aantrek kamer is.

Haar bloemis het ‘n ronde bal van daai groen goed (oases) gebruik en kort steel roosknoppies daarin gedruk. Tussen in was kristalle en ‘n vlinder of twee. Bo – aan, was ‘n dun lintjie om vas te hou. In beginsel was dit ‘n pragtige idee.

Die blombal kan nie neergesit word nie en hang aan ‘n deurknop. Bruid gryp lint vas en skreeu van die pyn. Bloemis het die oases die hele nag lank in water geweeg voor sy die blomme ingedruk het. Die ding weeg ‘n ton en die dun lintjie sny in die bruid se vingers.

Maar sy klou maar. Haar vingers is naderhand blou pers soos die bloed afgesny word. So sukkel sy deur die dag met die bal wat nou drup drup ligte groen druppels op haar rok mors. En sy kan die ding nerens neersit nie.

Pas getroud verskyn bruid en gompie in die deur van die kerk. Gee pad! gil sy en gooi daai blombal soos ‘n waferse hamergooi atleet tussen die mense in.

 

2 Comments »

  1. Marina Said:

    hehehe! Dis nou ‘n bruid wat nie nonsens vat nie!!!🙂

  2. Pikkelik Said:

    😆 Ek sou ook!!!! 👿


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: