Ek skiet tans somer rokke

Ek is tot my ore toe in kant, sy and tafsy. Ons skiet die somer reekse wat uitkom en ai, daar is ongelooflike rokke wat bruide uit kan kies.

Die trend is definitief weer skouerlose rokke wat onder vol uitklok. Kleur is ook baie gewild. Nie oorheersend nie, maar detail en aksente is kleur.

Afrika het ook ‘n reuse impak op die nuwe trou-modes. Krale beweeg weg van die diamante gevoel en word van gekleurde glas, klei en porselein verkies. Helder patrone word uitgewerk op bolyfies en ook onder aan die rokke.

Vere maak ook ‘n terugkeer en verleen uiterste drama aan enige rok hierdie somer.

Haarstyle is los en ontspanne. Moderne kapsels soos die Victoria Beckham look is uit soos gister se trash. Kort hare word getooi met parmantige kort sluiers en vere. Lang hare kry krale, krulle en sagte veils.

Wat my die meeste opval, is die nuwe soort skoene wat bruide verkies. Weg is die silwer sandale of wit gemaklike nommers. Hello aan die hake en fyn punte van die sestigs. En skoene word nogsteeds oorgetrek om by die roksoom te pas en dan met krale versier. Pragtig.

Ek brand om hierdie nuwe rokke vir julle te wys, maar dan is ek jobless. Loer maar in die tydskrifte so van Augustus af.

 

 

4 Comments »

  1. Marina Said:

    nog sooo lank wag om te sien??

  2. netjane Said:

    Ek’s ook nou nuuskierig, siende dat my rok nog “in the making” is.

  3. Roer Said:

    Ek het al baie gedink hoe anders ek my rok sou ontwerp het as ek vandag getrou het. Dis ‘n lekker speletjie, want ek is mal oor trourokke. Enige tydskrif voorkeure?

  4. Meermin Said:

    baie nuuskierig om hierdie rokke te sien!


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: