Kies jou gunsteling

Blogs maak deure oop – myne het. Hierdie blog gaan verskyn in boekvorm nadat ‘n uitgewer in New York so baie daarvan gehou het, dat sy ‘n boek voorgetsel het.

Dankie vir almal wat so getrou hier lees en natuurlik vir al die comments.

Hier is jou kans om deel te wees van hierdie boek. Vertel ons van jou troue. In elke troue is daar ‘n storie en ons wil joune publiseer. Fotos is ook welkom.

Ek sien uit daarna om alles te lees. Jy kan dit hier intik, of jy kan dit direk aan my stuur by karlsteynphotography@vodamail.co.za

Groot pret op pad en ek het nog honderde stories uit my loopbaan as troufotograaf.

Met ‘n dankbare hart

karl

7 Comments »

  1. meermin Said:

    Baie geluk!

    My eerste troue – wel ek was nie regtig so laat nie, maar so naar! Was een bol senuwees gewees, kon skaars daar trappe by die kerk op, my bene het so gebewe, ek kan niks van die hele preek onthou nie, ek weet net ek het gewens dit wil klaar kry, omdat ek so naar was, die ruikertjie het naderhand gevoel soos bakstene wat ek moet vashou! EN SO GAAN DIT MAAR AAN!!

    Tweede huwelik, sommer so vinnig voor die magistraat in Rosslyn, dit was so vinnig verby, en ek het nie woord gehoor wat daai swart vrou vir ons gesè of was dit gevra het nie, ek het eers tot verhaal gekom toe Koos my omdraai en sè dit is verby!! Ek dra nou sy van. Binne twee minute dink ek!

  2. netjane Said:

    Baie geluk! Wow!

  3. Dellie Said:

    Dis wonderlike nuus! Baie geluk! Ek lief jou trou-stories. Ek weet nou nie of myne ‘n oulike storie is nie, maar ek sal dit vir jou e-mail.

    Lekker naweek!

  4. mnr.muller Said:

    uitstekend! geluk!

    ek is egter net ‘n getroue leser en nog nie ‘n getroude leser nie – so geen stories van my kant af nie, sorry…

  5. Marina Said:

    Baie geluk Karl!!!

    Op ons troue was almal so vol senuwees….met die teken van die huweliksregister het ‘n foutjie ingesluip en het on op verkeerde plekke geteken. Daarvolgens is my pa en my skoonpa getroud en ek en Willie die getuies.

  6. Dellie Said:

    Whahahaha @ Marina!😆

  7. TristonJ Said:

    Baie baie geluk… ek het nou gewik en weeg of ek my disaster na jou moet stuur en het besluit die einde was net te damn depresing… lol


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: