Dink op jou voete

Dit was ‘n klein troue in die tuin van die restaurant. 24 Gaste. Daarna sou hulle aansit vir ‘n heerlike middagete. Die spyskaart was eenvoudig, maar die groot ding wat almal gaande had, was die klein speenvarkie.

Perfek heel gaar gemaak, geglasuur en op sy silwer opdienbord wag hy in die kombuis vir die uitdra slag. Die hele kombuis personeel vorm ‘n ry agter die sjef aan en met groot fanfare word die vark na die tafel gedra waar die gaste reeds sit en wag.

Almal klap beleefd hande, maar die sjef struikel oor ‘n los mat en daar trek vark. Een hop en hy gly tot tussen ‘n tannie se skoene op die vloer. Jy kan ‘n vurk hoor val, maar niemand beweeg nie.

Toemaar sê sjef, gelukkig het ek nog een in die kombuis, en met die duik hy onder die tafel in en gryp vir vark.

Tiem minute later kom die optog weer deur die deure, maar niemand kyk die gaste in die oë nie.

Vark was in elke geval heerlik.

5 Comments »

  1. Dellie Said:

    Ek ken daai gevoel! Ek het eendag ‘n hoender so op die vloer laat val… gelukkig was ek alleen in die kombuis, en die vloer skoon. Ek het die gaste eers jare later daarvan vertel, maar almal was dit eens dat dit ‘n heerlike hoender was…😳

  2. Wipneus! Said:

    🙂 so vark!

  3. mnr.muller Said:

    spek-skiet.

  4. Pikkelik Said:

    😆

  5. Emil Said:

    Solank niemand sien nie smaak ‘n hoender altyd lekker al het dit op die grond geval – gee almal net genoeg wyn!


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: