Wie is jy nou weer ?

Senuwees is ‘n erge ding en mans loop meer deur as vrouens. Sielkundiges het al bevind dat mense op hul senuwees vergeetagtig, gespanne, sweterig en effens bewerig is. Maar party gompies slaat papnat uit by hul troues.

Interessant genoeg laat alkohol iname, stress vererger en gespanne mense ontspan eers regtig effens as hulle redelik dronk is. Dus is die senuwee dop voor die tyd dodelik vir jou senuwees.

Gompie was ‘n wrak. Ek plaas die probleem reg voor die bruid se voete. Sy het gereël aan die troue dat dit klap. Gompie is nooit ingesluit nie, maar by elke geleentheid is daar vir hom gesê- Jy steek my nie in die skande nie, ek werk hard aan my troue.

Die troue self was ‘n ramp. Gompie het gestotter deur sy beloftes, styf soos ‘n paal gepose vir die fotos en geheel en al beheer verloor met sy toespraak. Die are op bruid se nek het kort kort uitgebult soos sy haar vererg, maar daar was heeltyd ‘n reuse glimlag op haar gesig.

Net toe gompie begin relax, gebeur die ersgste met hom. By die onthaal is een van sy vriende van jare gelede. Die twee pare ontmoet mekaar: Hallo, ek is johan en dis my vrou Bets, sê vriend. Hallo sê gompie, die my vrou ………………… Wie is jy nou weer? Sy gesig was bleek soos dood, hare rooi soos beet.

Vandag lag hulle lekker daaroor, maar bruid het daai dag al besluit – ‘loser’. En gompie gaan maar net aan met sy moeilike vrou.

4 Comments »

  1. neykie Said:

    pasgetroud my voete kielie my en ek kan nie my bruid se naam onthou tra la la

    whahaha:lol:

  2. Wipneus! Said:

    ek geniet hierdie troustories van jou baie!

  3. Dellie Said:

    😆 Ja nee, senuwees is ‘n lelike ding! Arme gompie.

  4. meermin Said:

    eish senuwees is nie jou maatjie nie, ek het jou mail adres verloor, mail my asb ek wil gou gou ietsie uitvind


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: