Werner wou niks weet nie

Ai, ek verknies my altyd aan mense wat diere by hul troues betrek. Hulle moet goed doen wat hulle nooit uit hul eie sou doen nie en dit lei gewoonlik tot sukkel.

Werner was ‘n snorbaard met bietjie hond aan. Regte straatbrak met oulike stout ogies, maar daai dag was Werner se ogies dof en verwilderd. Ek is seker die klein tuxedo wat hy skielik moes dra het nie lekker gesit nie, of die honderde voete innie kerk was bietjie oorweldigend. Werner was op sy senuwees.

Agter op sy baadjie was die trouringe vasgestrik. Al wat hy moes doen was vorentoe stap en stilstaan sodat hulle dit kon afhaal.

Hy wag buite met iemand wat hom oppas. Die vrou klou hom vas en Werner spook vir sy lewe. Meteens gaan hy aan die skreeu dat hoor en sien vergaan. Klink of een hom aanrand.

Niks wat die vrou doen maak dit beter nie. Toe hap hy maar haar hand. Daar trek Werner – huistoe, waar dit ookal is. Vrou storm kerk binne: “Werner is weg, fluister sy saggies vir die eerste oom wat sy herken.” Wie is Werner en wat maak dit saak, vra die ou. Werner het die ringe sê sy. O, sê die man.

Laaang tyd gebeur daar niks. Vrou is uit om haar wonde te ontsmet en alles verloop rustig. Gompie draai om vir die ringe  en sien niemand in die deur nie. Oom probeer aan hom verduidelik dat Werner weg is, maar gompie verstaan nie gebare taal so lekker nie. “Hy is weg,” sê die oom ergerlik en kliphard.

Gompie kry byna ‘n oorval en storm uit buitentoe. Al wat hy kry is die vrou se agterligte – sy is op pad dokter toe – en ‘n leë kerk werf.

Werner is nooit weer gekry nie, so iewers loop ‘n klein straatbrak in sy tuxedo rond met ‘n karaat op sy rug. Wonder of hy weer ‘n huis gekry het.

6 Comments »

  1. meermin Said:

    O aarde dit is nou vir jou ding! Gompie het seker toe maar ‘n ander ring gaan koop!

  2. Dellie Said:

    Ek dink hy het ‘n baie gerieflike nuwe huis gekry… het dan sommer vir verblyf betaal met sy aankoms?😆

    Haai nee, ernstig, mens moenie sulke goed met diere doen nie. Die arme ding! Ek kan my voorstel hoe verskrik hy moes gewees het! Ek hoop gompie en bruid het ‘n lessie geleer…

  3. machiel Said:

    🙂 Oulike verhaaltjie!

  4. TristonJ Said:

    😆 ek kan net daai woef straat af sien met sy tux aan!

  5. Wipneus! Said:

    😀 die arme hond, gelukkig het hy nie soos ‘n boemelaar(straatbrak) by sy nuwe woonplek aangekom nie! Pure gentleman “gekoller” en “getie” met die “labola” op sy rug.

  6. sonneblomseplekkie Said:

    Ek lees die storie nou vir my mense hier, en iets baie interresant wat my seun dadelik vir my sê – “iemand wat weet die hond het ‘n karaat op sy rug, kon een van daardie hoë frikwensie geluide maak, wat diere se ore baie seermaak, geblaas het – natuurlik geweet die hond gaan paniekerig raak en hol….die het dalk om die draai gewag vir brak…” die res kan maar net aan verbeelding oorgelaat word. Maar ek stem…dit was baie dom van die bruidspaar…mens kan nie diere se reaksie vertrou nie….

    Groete
    sonneblom


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: