Krapogies

Baie bruide maak ‘n foutjie as dit by Herfs troues kom. Koud in die oggend, warm middae en ysige aande – wat trek sy nou aan?

Om veilig te speel, het hierdie bruid besluit om 11 uur die oggend te trou op 2 April. Dan sal dit mos warm wees, maar daardie more besluit Winter om ‘n advertensie te stuur van wat voorlê.

In haar spaghetti bandjie rok, klap bruid se tanne so dat dit effens steurend raak. Haar ma gooi haar skouers toe met ‘n baadjie en sy voel effens beter. In die troukar in en troue toe – knus in die motor onder die baadjie.

By die kerk klim sy uit en trek baadjie uit. O wee. Binne minute raak sy ‘n blou kleur en elke aar op haar wit vel begin bloupers wys. En sy bewe soos ‘n riet. Maar sy stap voort, die groot koue kerk binne.

Gompie sien wat aangaan en nadat almal tot ruste gekom het, trek hy galant sy baaidjie uit en gooi dit oor bruid se skouers voor die kansel. So romanties. Wel, vir ‘n paar oomblike.

Sag soos die reënfee vou bruid inmekaar daar langs gompie en pass stil stil uit.

Die term is hipotermiese skok. Al wat help is hospitalisasie waar haar liggaam behandel word teen skok en stelselmatig opgewarm word.

Die twee is in Sepie styl in die hospitaal getroud. Sy is ‘n paar ure later onstlaan en kon haar uitgestelde onthaal bywoon – toegewikkel in ‘n warm uitrusting.

5 Comments »

  1. Pikkelik Said:

    Hehehehe, ydelheid kom tot ‘n val! (Letterlik)

  2. meermin Said:

    Eish koud, eina die arme dingetjie!

  3. Adrie Said:

    Agge nee. Ag shame. Ek is bly ek is nie sy nie.

  4. Marina Said:

    Ag nee siestog…….was dit dalk verskuilde “koue voete”? 🙂

  5. Roer Said:

    Ai, dis erg. Dat haar mooiste dag nou so moes bederf word deur ‘n rok. Miskien is sy ‘n bok vir sports en vind dit vandag skreeu snaaks. Hoop so.


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: