Bloudraad

Die Batchelors partytjie sal altyd vuriglik beskerm word deur mans, al gebeur wat ookal daar. Dit is soos ‘n geheime broederbond, met drank.

Die bruid was 100% spesifiek oor waar en watse fotos sy wou hê. So ry ons twee weke voor haar troue van die kerk tot die stasie en sit en staan sy en gompie presies waar hule op hul troudag gaan sit en staan vir fotos, sodat ek darem kan sien wat sy wil hê.

Lekker moeilike customer, sê ek vir myself op pad huistoe. Maar ek had geen idee nie.

Troudag breek aan en waar ek gewoonlik my bruid vroegmore sms om geluk toe te wens vir die dag, spring sy my voor met ‘n dringende sms. BEL MY NOU! O gaats, dalk het gompie pad gevat. Bel maar.

In ‘n stortvloed van terleurstelling en wraak, vertel sy dat gompie ‘n klein probleempie opgetel het by sy batchelors die vorige aand. Hy het teen ‘n draad vasgeloop en nou is daar ‘n merkie op sy gesig. Wat gaan ek doen en hoeveel gaan dit kos om dit reg te maak?

Net daar, maak ek een van my grootste foute in my loopbaan – ‘Moenie bekommer nie, ek sal die merkie gratis uithaal na die fotos geneem is’ belowe ek ter wille van ‘n kalm bruid. Maar toe ek later die dag vir gompie sien, weet ek dit was ‘n reuse fout belofte.

Hy staan voor die konsistorie, beteuterd en nog half babalas. Van sy kuif tot sy ken loop ‘n pers rif af oor sy hele gesig waar hy in die bloudraad vasgeloop het. Sy een oog begin ook toeswel en ek weet – om hierdie gevreetjie reg te maak is ure en ure.

Ons is deur daai troue. Gompie het gebars soos almal wat hom sien iets kwytraak. Bruid het hom soos ‘n winkelpop gebruik in al haar fotos en ek?

Ek het 114 man ure ingesit op Photoshop – sonder betaling – om die merkie te verwyder op elke foto. Belofte is sterker as bloudraad.

4 Comments »

  1. meermin Said:

    Eish as dit jou 114 man ure gevat het moes sy gesig darem sleg gelyk het hoor! Eina toggie!!

  2. Bottertjie Said:

    Ek verstaan hoe jy voel. Ek het ‘n jobbie gehad om ‘n sekere bekende kunstenaar se tande wit te maak en die plooie weg te “tower”. Ha, dis ‘n ou bliksem! Vir wat wil hy inelkgeval soos ‘n porselein pop lyk? Dan moes jy die rooi wange sien en die rooi veins op sy neus en wange as gevolg van sy drankgewoontes! Na al my moeite, kies hul toe ‘n ander designer se poster!

  3. Dellie Said:

    Hi Butter! Ek weet van wie jy praat! Dit was nie mooi van hulle nie.

    Eish Karl, ten minste kon jy die arme ou goed laat lyk op sy foto’s. Die gompie van die troue in Desember wat ek bygewoon het, het net familie gehad wat sy foto’s geneem het… en hy moet tot in ewigheid op daai foto’s pronk met ‘n stukkende lip, neus en voorkom… shame!

  4. Dellie Said:

    sorry! *voorkop


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: