‘n Man met ‘n plan

Doodonskuldig kan jy jouself vasloop in probleme groter as wat jy jou kan voorstel.

Ontmoet vir gompie – van kleins af is hy die ‘prankster.’ Almal loop deur onder sy poetse en strikke. Tot op sy troudag toe sy plan homself vol in die gesig tref. Letterlik.

Die plan/poets was eenvoudig en onskuldig – gompie druk ‘n skrapse fyn dames broekie in sy sak en wanneer hy die kousband moes verwyder, sou hy die broekie daar uitpluk en wys. Tot sy eie voordeel vertel hy sy plan wyd en syd aan almal.

Troue loop normaal en almal is gelukkig. By die onthaal kuier ons lekker en bruid en gompie doen die magneet ding – permanent vas aan mekaar. So beweeg hulle van groep tot groep. Soentjies en drukkies en speelse vat aanmekaar.

In ‘n donkerder deel van die saal, glip bruid haar hand in gompie se broeksak .

Wel, daardie ontploffinde dwarsklap het dwarsoor die saal getrek. Bruid storm vooruit met die bewysstuk wat sy net met haar naels vasklou en rondswaai. Haar oë dolk die ander vrouens op die troue een vir een morsdood soos sy soek na ‘n rooi gesig. Gompie gryp gryp na die broekie maar lag onkeerbaar. Dit maak bruid meer woedend.

Uiteindelik kry hulle vir haar tot luister en vertel al die mans, wat geweet het van die poets, wat nou eintlik gebeur het. Arme vrou. Sy sak inmekaar van skaamte. Gompie vryf sy seer wang.

Later was alles weer terug na normaal – wel amper. Die egpaar is weer aan die heup verbind. Gompie straal, maar bruid bekyk nogsteeds elke vrou wat naderstaan vir gelukwensing.

Hoe sê die slimmes – ‘n koppie wat gekraak het, breek wel later.

3 Comments »

  1. platterfuss Said:

    Hehehehe!!! Dink nie eers superglue gaat daai ‘stukkies’ aanmekaar hou nie!!!!

    Dankie virri smile!!!

  2. pik234kelik Said:

    Hehehehe!!!! Jip, so kan ‘n onsinnige grappie almal se lewens omkrap!!! Dink nie sy ‘huweliksnag’ was te wat wonders nie….

  3. Dellie Said:

    Kyk, ek sou nie so ‘n grappie waardeer het nie. Daar is ‘n tyd en plek vir alles, en ek is ‘n bok vir sports, maar dis darem te naby aan die hart!

    Weet jy of hulle nog bymekaar is?


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: