Kom uit onder daai rok

Hierdie storie het sommer net laas week met my gebeur.

My studente,- wat Troufotografie kursus voltooi het – skiet laas Saterdag hulle prakties. ‘Bruid’ is aangetrek en opgemaak. Studente maal om haar soos bye en skiet uit elke liewe hoek wat hulle kan inkry. So beweeg die hele arsenaal deur die tuin, stop, skiet, loop.

Bruid het ‘n korset tipe rok aan wat met pragtige goue koord vasgeryg word. Die punte hang dan los oor die agterkant van die rok met die groot uitskop onderrok. Regtig mooi. So ook mooi vir my twee katte.

Enter Batman en Friend, my twee katkinders.

Nou van kleins af, was enige tou/koord Friend se dood en word dit met groot fanfare gejaag, gekap, gekou en gepluk. Een sprong en daar sleep bruid nou vir kat se kind agterna soos blikkies agter ‘n troukar aan. En hy klou. Groot gelag en verjaag die ondier met moeite. Koord is effens verwoes, maar ons gaan aan.

Batman sit onder ‘n bos en beloer die affêre . Bruid word gevra om in die rondte te tol sodat rok effens oplig en met die, spring Batman net daar onder rok in en verdwyn in lae en lae tulle.

Chaos – bruid gil en skreeu en trap. Batman raak verlore in paniek en begin teen haar rok se binnekant opklouter. (Gelukkig nie teen haar bene op nie!) Ek vries, want ek moet daai rok betaal as hy verwoes word en veeartse is duur. Die vrou gaan my kat vertrap!

Pluk maar vir rok op en skud kat uit. Heeltyd kliek die studente. Histeriese fotos.

Maar die kwinklsag van die dekade kom so ewe droog uit my engelse bruid se mond:”Get lost Batman, there’s one down there already.”

4 Comments »

  1. SHARKS Said:

    AGGE TOGGIE EK KAN MY SO PRENTJIE VOORSTEL, DIE ARME VROU WAT SO ROND TRIPPEL MET ‘N KAT IEWERS IN DIE ROK!! MY TWEE KAT KINDERS LOS OOK NIE IETS WAT LYK SOOS ‘N TOU NIE!

  2. Marina Said:

    Gaan jy groot seblief vir ons die fotos plaas????
    (Die bruid se uitlating laat my dink aan die ou grappie van grys-kat vanaand vang jy ‘n voël)

  3. Dellie Said:

    Hehe, ekke wil ook vreeslik graag daai foto’s sien!😆

  4. neykie Said:

    FOTO’ss asseblief!!!! nou lekker gesit en giggel


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: