Hiert glip glip,woerts uit die rokkie

Dit het baie oortuiging gevra om hierdie bruid se toestemming te kry sodat ek haar storie kan gebruik. Maar hier is die storie.

Haar rok was pragtig vol onder die buuste lyn, laag op laag materiaal. Die bokant ‘n pragtige korset met kristalle oortrek en sy lyk regtig goed daarin. Deel van die ontwerp is twee ‘sakkies’ wat lê en bibber op die bed.

‘Verskeidenheidmaak’ (direkte vertaling) het hierdie sagte opstoppers op die mark en beweer hulle klou soos jy eie. So bruid sit vir hulle netjies in en strik korset vas. Sy bult lieflik op die regte plekke.

Deel van troufotografie is om die bruid af te neem voor sy kerk toe gaan. Ek gebruik sommer die tyd om haar gewoond te maak aan haar rok en hoe om daarin te beweeg. Vier tree uit die kamer en die eerste outjie loer versigtig bo die kristalrand uit. Stop, skud terug en gaan aan. Die res van ons sessie verloop net so – die outjies glip en gly oral en loer selfs hier onder haar arm uit.

Bruid is na aan trane, maar daar is altyd ‘n plan te make, so tante bied haar valstand poeier aan. Die goed “grip” soos gom sê sy. So gemaak. Korset af, outjies besprinkel en op die regte plek opgeplak. En sowaar, hulle ‘grip’ en bly sedelik sit.

Plaas ons maar weer ‘n ent gaan stap het.

Halfpad af in die lang paadjie kansel toe, pop een outjie sy taai poeier koppie uit en beloer die gemeente. Bruid raak effens verboureerd, maar stap aan. Toe spring outjie vir sy vryheid en val – plop – voor haar voete neer. Bruid trap op hom soos mens op geld wat verbywaai sou trap. En daar staan sy.

Baie min mense het dit gesien, maar die feit dat sy nou stilstaan laat almal oplet. Bruid skop outjie onder ‘n bank in en stap voort. Maar ander outjie voel alleen en glip teen haar lyf af en bly agter toe haar rok oor hom vee.

Ek duik af en tel hom op. Betreklik min skande. Maar nou gaap korset soos ‘n vis op droë land.

Dit was voorwaar pret om te kyk hoe predikant telkens struikel oor sy opvoeding.

3 Comments »

  1. Marina Said:

    Daarom bly ek maar tevrede met die ou bietjie wat ek het!
    Lekker gelag. Dankie weereens!!!

  2. boendoe Said:

    Wat jou oe nie al moes gesien het nie!!! 😛

  3. Dellie Said:

    O jinne, ek het ook al oorweeg om daai ou goedjies aan te skaf, maar na dese sal ek maar verby hou!😆


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: