Ses troue verwoesters

Daar is baie wat jou troudag in ‘n nagmerrie kan laat ontaard. Hier is ses beproefde tegnieke om seker te maak jou troue is ‘n algehele mislukking:

1. Gompie en bruid was albei glad nie drinkers nie. Maar ure voor die troue het albei hul senuwees gekalmeer met oorvloed alkohol (deur goedbedeolende vriende ingejaag). Bruid het haar rok in die troukar bemors en gompie se ma het die kerk verlaat toe hy vorentoe slinger en hard gaan sit op die bank. Drankmisbruik in enige vorm sal jou dag verwoes.

2. Gompie was nog nie klaar met sy eks nie. Predikant kry vir hulle in donker hoekie in konsistorie hard aan die vry. Toe weier hy om die man te trou en maak hom verduidelik vir bruid. Moenie trou as jy nie 100% reg en vry is nie.

3. Bruid was laat, baie laat. Twee ure laat. Net gompie en ‘n paar ander mense het kans gesien om te wag in die 39’C hitte. Selfs predikant het geloop om ander mense te gaan trou.

4. ‘As julle lief is vir my, sal julle op my troudag mekaar respekteer’. Bruid se wens vir ouers wat lankal nie meer mekaar verduur nie. Die binnegevegte tussen die mense het haar hele dag versuur. Los mense wat jou dag gaan bederf van jou gastelys af, al is dit ook jou eie pa.

5. Bruid se eks het wraak gesweer. Weke voor die troue het hy begin met dreigemente. Almal se senuwees was op hol. Die oggend van die troue het die polisie bruid kom arressteer waar sy aantrek – klagte van diefstal en bedrog by eks se werk waar sy ook gewerk het. Neem dreigemente ernstig op en handel probleme af voor jy kansel toe stap.

6. Gompie was nog nie klaar geskei nie al het hy so gedink. Papierwerk is teruggestuur na sy prokureur sonder sy medewete. Die dag voor die tuintroue vind hy uit hy is nog getroud. Daar is nie enige hof wat jou gou gaan skei op ‘n Vryag aand nie. Kry alle regswerk gedoen ‘n maand voor julle trou.

Lekker negatief? Neewat, kyk eerder wat ander oorgekom het en beplan jy beter.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: