Sê nog net een keer weer vir my Antie

Plattelandse troues is pret. Veral as die gompie en sy familie uit die stad opdaag vir die groot dag. So was die troue op die kleine Weskaapse dorpie waar almal alles van almal se doen en late ken.

Die gompie se ma was sommer lekker sterk in haar menings en sieninge oor die troue, maar sy is met presisie en voorafbepaalde wyse geblok op elke idee wat sy gegee het. Bruid se ma het ‘haar troue’ opgepas soos ‘n leeuwyfie. Sy sal sê en die mans sal doen – so werk dit maar daar. So sê ma en almal spring met bale, lanterns, opvou tafels, geleende tuinstoele, yards en yards stink bruin hessian en boetman bring emmers vol sonneblomme uit die land. Geel bloemiste strikke word ywerig gemaak deur sussie en oral opgeplak.

Maar toe die heldergeel balonne stuk stuk begin hang aan die skuur se mure, verloor gompie se ma al haar oordentlikheid en bars die damwal. Sy pluk ‘n stuk draad wat daar teen die skuurmuur hang af, en pop pop pop begin sy balonne stukkend steek. Zorro van die platteland se missie word amper gestop deur boetman wat met brandwange kom kyk wie hel nou sy harde blaaswerk so op.

“Wat maak antie?”, maar verder kom boetman ok nie, want antie staan nou half wydsbeen op die bale en swaai haar draad swaard gevaarlik naby sy gesig rond . “En sê een van julle bliksems nou weer vir my ANTIE !!” gil sy net voor die baal finaal omval en gompie se ma in die gat teen die stoormuur inval.

Hulle het haar net daar gelos tot die ander stadsmense haar kom uithelp het.

Die troue was heerlik. Ek het gesien hoe gompie se ma kort kort ‘n paar Calmettes wegslaan met wat sy ookal voor haar gehad het.

4 Comments »

  1. Dellie Said:

    Whahaha! Ja né! Soms is daai troues die lekkerstes!

  2. Marina Said:

    🙂 🙂 🙂

  3. platkuif Said:

    hoe oud moet mens wees om offisieel ‘n ‘oom’ en ‘n ‘antie’ te word? is dit nog goeie maniere om iemand so aan te spreek??

  4. TristonJ Said:

    Whahahaha…. ooo hel maar ek vind daar ook niks so erg as die woord Antie!!😆 Ek sin haar somer daar le tussen die grasse!


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: