Wie is jy en waar is my verloofde

Wanneer ‘n man vrou vat, is daar ‘n hele klomp aspekte van haar wat hom erg aanstaan. Persoonlikheid, humor, drome, ideale en hoe sy lyk. Geen redenasies daar nie.

Nou kies man sy vrou want hy hou sommer baie van hoe sy lyk en watse beeld haar voorkoms in sy verbeeldingswêreld optower. Lees gerus wat het gebeur toe bruid besluit om heeltemaal anders te lyk op haar troudag.

Dit was ‘n nat en koue winter in Kaapstad. Klein troue beplan in ‘n asemrowende kapel. Bruid is pragtig – lang blonde hare, blou oë en goed gebou. Gompie is gespierd en vrolik en met my eerste ontmoeting weke voor hul troue sien ek sommer die twee pas pragtig bymekaar.

Gompie soek ‘n brose vroutjie wat hy kan koester en beskerm en bruid lyk 100% reg vir die rol. Maar o wee, toe ek haar leer ken, besef ek die meisie het ander idees.

Gompie sou vir haar wag in sy Polisie’Step out’ uniform en sy sou soos ‘n brose stralende bruid trou beloof aan haar ridder. MAAR sy sou nie as ‘n blond by die kerk opdaag nie. Sy gaan hom verras met ‘n splinternuwe voorkoms.

Wel, my job is fotos neem en nie sielkundige speel nie, maar ek kon sien – hier kom ‘n ding. En ‘n ding is wat ek kom kry by ons troudag ontmoeting.

Lang blonde lokke is weg – op haar kop sit ‘n formele skuinsgesnyde bob – pikswart. Rooi lippe en kandelaar oorbelle. Styfpassende rok met ‘n baie lae rug en bultende borste met ‘n pragtige genotsklofie. Sy was totaal en al onherkenbaar. Selfs haar stap het verander (kon die fyn motreen op haar kale rug ook wees). Toe weet ek, hier kom beslis ‘n ding.

Kerk toe. Geen troumars of sulke goed nie. Paartjie sal saam instap, dus wag gompie op trappies. Bruidskar stop, deur gaan oop en die Beckham Spice Girl look alike klim uit. Gompie is effens ontsenu, maar uiters galant.

Hy herken duidelik nie sy bruid nie, dus stap hy oor na die drywer van die motor en fluister in sy oor terwyl hy sy beste doen om nie na die vreemde verdwaalde bruid te kyk nie. Die drywer se gelag slaan teen die hoogeregshof daarnaby vas en kom kil terug. Gompie se gesig verstar. Hy bly staan soos ‘n pop en staar na bruid wat self nou effens onseker begin lyk.

As fotograaf ontwikkel mens arendsoë. Niks ontgaan my nie en ek sien in sy oë hoe hy wil hardloop. Haar gesig vertel van diep seerkry en teleurstelling, maar mees opvallendste was hul lyftaal. Hy het van gespierde held verander in skrikkerige onseker skoolseun. Binne sekondes. Sy het net ‘n sweep gekort.

Die twee is getroud. Die twee is drie maande later geskei nog voor ek die bestelde vergotings kon aflewer.

Besluit self wat eintlik hier gebeur het.

4 Comments »

  1. neykie Said:

    jou hele blog laat my soms lekker lag en soms lekker droom van my eie grootdag een dag….

    lekker gelag vir bogenoemde

  2. Marina Said:

    Het Gompie vir hom “”n kat in die sak gekoop”?
    Ek geniet jou vertellings verskriklik……dankie!

  3. Dellie Said:

    Laat dit nou ‘n les wees vir alle voornemende bruide – moenie die package waarop hy verlief geraak het, sommer so verander nie!😉

  4. Sonneblom Said:

    Goed gesê Dellie. En Ja, ek geniet dit ook baie om jou stories te lees.


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: