Wit is uit

Internasionale tendense – nie dat ons ons enigsins ooit aan dit gesteur het nie – is om die wit trourok te verruil vir ‘n kleurvolle uitrusting wat later weer gedra kan word. Dit beteken egter nie dat reenboog bruide ons voorland is nie.

Net soos in musiek, is daar nou ‘n fase van oorkruising – waar meer en meer kleurvolle elemente by die tradisionele wit gevoeg word. Wie het in elke geval besluit bruide moet wit dra? Kan iemand my dalk sê. Terug na die kleur.

Kleur elemente

Klein elemente van kleur is by hierdie rok aangebring. Hierdie tendens is al jare gelde begin deur een van my persoonlike gunsteling ontwerpers – Vera Wang.

Gekleurde strik

Die meer dramatiese inbring van kleur is ook asemrowend:

Sophie

Die meer populêre kleur vir troues blyk rooi te wees. Die skakering van rooi is jou keuse, maar die rok moet ‘n baie grootse styl hê om die nodige effek te kry. ‘n Eenvoudig gesnyde rooi trourok lyk baie gou na jou matriekafskeid rok, so gooi hom suster en slaan almal se asems weg.

Diep rooi rok

Tekstuur is uiters belangrik wanneer kleur jou rok oorheers. Baie kere lyk die finale rok soos ‘n ekstreme pajama pak as jy blink helder materiaal gebruik. Kyk gerus wat ek bedoel.

Pajama rooi materiaal

Ander kleure kan ook gedra word, maar onthou altyd om weg te bly van gladde blink teksture en eenvoudige lang lyne.

Hierdie skepping is gemaak van denim:

Blou

Dra wat jy wil ,maar maak seker jy dra die rok en die rok dra jou nie.

 

5 Comments »

  1. Dellie Said:

    Die derde rok is vir my lieflik. Die rooi is bietjie erg. Demin? Sowaar? Baie nice! Maar dit lyk nie vir my “reg” om daarin te trou nie.

  2. Marina Said:

    Stem saam met Dellie….3de rok pragtig!!!!!

  3. netjane Said:

    Die rooi rok is pragtig! Ek het gesien dat sy omtrent die beste werk vir enige “statement” rok, daai blink nommertjie is beslis uit!

  4. Karl Said:

    Netjane
    Jy is toast as ons nie jou rooi rok hier sien nie.
    Geniet al die voorbereidings en skrou as jy hulp nodig het.

    Karl

  5. René Said:

    Jissie NetJane, toe ek die rooi rok sien raak ek sommer opgewonde vir jou part!!! Jy gaan sewe soorte skewe bek kinders hê as ek nie daai rok sien nie gehoor!!


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: