Om te huur of om te koop ?

Alle bruide kom te staan voor hierdie keuse wanneer dit kom by hul trourokke. ‘n Maklike keuse is dit ook nie want elkeen voel anders oor die saak.

Ek deel gereeld met bruidsboetieks. My troufotografie klasse wat ek aanbied vir aspirant troufotograwe is uiters gewild en daar gebruik ons bruide om ons prakties mee te oeffen. Koop wil ek nie, dus is huur vir my die opsie. Hier het ek soveel al geleer en ek deel graag met jou my kennis.

My modelle wat ons gebruik verskil van mekaar. Van ‘n 32 – 1.83m tot ‘n 38 – 1.56m. So bring ek hulle elke vyf weke vir ‘n nuwe rok by my gunsteling huur boetiek.

Ek was al by vele huur besighede – groot ontwerpers georiënteerde winkels met honderde rokke tot klein plekkies waar die bruid sommer by haar eie huis kan aanpas wat sy wil. Die een aspek van al hierdie winkels wat my altyd opval, is die groot pret wat toekomstige bruide het wanneer hulle verskillende rokke aanpas.

Die winkel assistente weet wat op hul rakke hang en pas daagliks bruide in rokke – dus kan jy hulle oordeel vertrou. Gou gou is daar sommer sewe rokke om te pas. Buite wag die vriende en familie wat saamgekom het vir die dag, want dit vat soms ‘n hele dag. Die bruid verskyn en verdwyn – elke keer met ‘n heel ander rok aan. Snak, snik, frons, lag. Pret is dit pret.

Dan kom sy uit en almal raak doodtsil. Bruid se oë blink, rok is perfek vir haar droom.

Nou begin die werk eers. Kan ons asseblief die rok effens kleiner maak hier, verstel daar, bysit, afhaal. Die opsies is legio. Verstaan mooi, nie alle verhuringsbesighede sal die rok aanpas vir jou nie, maar almal doen basiese vertsellings. Party sal baie vêr gaan om jou te akkomodeer. Soek en jy sal vind.

Met rok gekies, word jou rok geneem vir skoonmaak, pars en wat hulle ookal doen om dit splinternuut en kraakvars by jou af te lewer. Nie ‘n gare uit sy plek nie.

Jy tel jou rok ‘n paar dae voor jou troue op – party lewer af – trou en besorg rok weer terug -lw. sonder om dit te was of te laat skoonmaak.

Die groot vreugde van die proses lê egter opgesluit in die koste wat jy aangaan. Baie goedkoper as laat maak of koop. Jy sal verbaas wees hoe goedkoop jy kan wegkom met jou droomrok.

Voordele van huur:

  • Jou verskeidenheid om van te kies is reusagtig
  • Jy kan jou ‘mind change’ soveel keer as wat jy wil
  • Alle bykomstighede soos sluiers, tiara’s, onderokke en hoepels is beskikbaar
  • Jou onkoste is laag
  • Jy gee die rok terug na jou troue – kyk maar in ons koerante hoeveel bruide verkoop later weer hul dure rokke vir ‘n paar rand.

Lekker soek na daardie rok wat jy nog altyd wou hê.

‘n Laaste gedagte oor verhuringsboetieks – maar julle sê niks hiervan nie. Baie bruide gebruik hulle om te besluit oor hul idees. Gaan pas aan wat jy vir jou wil laat maak en kyk eers of die styl jou regtig pas. Onthou, ‘n rok wat gemaak is, is klaar en joune om te betaal  – vleiend of te not. 

8 Comments »

  1. Emil Said:

    Ons het 5 jaar gelede gehuur. Bloot omdat mens weinig weer die rok gaan dra. Glad nie skaam om te erken nie – het die ekstra aan die troue self spandeer – ‘n enorme 3 dae lange tradisionele Duitse gedoente met Polter abend en the works – baie toiletbakke en dakteels is gebruik!

    Ek reken huur – en spandeer die ekstra geld aan jou gaste. Mense onthou die kos, drank en atmosfeer meer as die rok!

  2. netjane Said:

    Ek soek nog na my rok (‘n rooie!), so ek vermoed ek sal maar moet laat maak, maar as ek iets kry om te huur sal ek. Mens spaar baie geld!

  3. Karl Said:

    Netjane

    Loer later in die week weer hier in – ek doen ‘n reeks van rokke wat kleurvol is en daar is twee asemrowende rooi trourokke tussenin.
    Lekker naweek
    Karl

  4. Anja Grundlingh Said:

    Het ‘n trou rok om te verkoop, daar kan dalk net ‘n dame wees wat dalk graag so rok wil he kontak my gerus as jy belang stel.

  5. Liza Said:

    Ek is opsoek na ‘n trourok wat uitskop will graag ‘n feetjie troue he. So as julee my kan help of vir my kan email en ‘n prent stuur na lizavansittert@gmail.com asb. Te huur of te koop.

  6. Liza Said:

    hey as jul my kan help ek soek ‘n trourok te huur of te koop. As jul dalk vir my een kan stuur na lizavansittert@gmail.com

  7. Liza Said:

    anja wat is jou kontak besonderhede

  8. Anja Grundlingh Said:

    Hallo Liza ek sien jy is op soek na my hier is my kontak besonderhede.

    013 932 0111 Anja
    0746346359

    Groete Anja


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: