Waarheen gaan die blog nou eintlik

Baie dankie vir al die mense wat kom inloer hier. Ek geniet en waardeer al die kommentaar. Maar wat is nou eintlik die doel van hierdie blog ?

Ek skryf uit my tien jaar ondervinding as trou fotograaf en ek skryf tong in die kies. Daar is genoeg ernstige blogs waar mense mekaar verskeur soos hiënas. Nie hier nie.

As jy op trou staan, daaraan dink of lankal getroud is, sal jy hierdie blog geniet. Lees mooi tussen die lyne en jy sal sien wat werk op troues en wat nie. Beplan jou dag, maar los altyd ‘n plekkie vir die onvoorspelbare, want hy nooi homself na elke troue. Dit is hoe jy hom hanteer wat die verskil tussen flop en vreugde bring.

Ons kyk hierdie maand na nog ‘n paar wenke vir voornemende bruide, haarstyle wat goed werk en haarstyle wat grens aan waansinnig, hooftooisels, blomme, handruikers wat bruide skoon van stryk af gehad het, onthale wat – wel kom ons sê net – heetemaal anders uitgedraai het, vertel nog staaltjies en bekyk pragtige rokke wat jou kan inspireer.

Neem deel, vra vrae en deel jou ervarings met ons. Ek kyk altyd na wat die soekenjin gebruik het om by my blog uit te kom. Vrae wat gevra word, word more se temas en so bou ons voort.

Geniet hierdie stukkie Afrikaans op die wêreldwye internet.

Herdie rok is asemrowend. Ek sal eersdaags begin om te kyk na verskillende ontwerpers en hulle voorstelle vir bruide.

Groetnis

Karl

Ongelooflike rok

7 Comments »

  1. sonneblomseplekkie Said:

    Hi Karl,
    Jip, dis een moewiese pragtige rok. Ek kan my verkyk daarna. Iets heel anders as die norm.
    Ek geniet jou straaltjies en stories. Hou so aan….het oor paar jaar meisiekind of dalk skoondogter wat moet aantrek vir die groot dag😉😀

    Groete
    Sonneblom

  2. sonneblomseplekkie Said:

    O ja, ek het jou eintlik kom ‘tag’ Gaan loer op my blog. dis die 123 storieboek…678 tag. Die boek waarmee jy besig is, bl 123, die 6,7,en 8ste sinne… vertel ons😉
    Sonneblom

  3. Zee Said:

    Karl, gaan jy maar net aan hierso!! Hier gaan ons geen rustig verkeer. Ek stem saam Sonneblom, die dag as meisiekind trou (en dis nou nie meer lank nie) hoef ons net hier te draai en hopelik kry ons alles wat ons na soek!! Laat die pages nou maar nog vinniger verskyn!😉

  4. boegels Said:

    Kom kyk wie het ek as my blog van die week aangewys: http://boegels.wordpress.com/

  5. Dellie Said:

    Ek geniet jou blog baie, al is ek oud en getroud! Daardie rok is absoluut stunning.

  6. netjane Said:

    Ek trou in Oktober – bly ek het hier uitgekom.

  7. Johan Said:

    Karl, gaan jy maar net aan hierso!! Hier gaan ons geen rustig verkeer.


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: