Sorgsame gompie

Dit was ‘n troue wat eintlik anders moes verloop het, maar soos dit uitgedraai het was presies soos dit moes wees.

Gompie was ‘n ernstige ‘biker’. Groot blink fiets wat ook die trekpleister vir bruid van die begin af was. So saam saam op die bike deur die passe en draaie van ons land, het die vashou meer en meer betekenis gekry vir hul albei. Hulle was gelukkig.

Toe besluit hulle om te trou. Geen rede nie, sommer net. Maar ai, hoe hou jy nou troue en sluit bike nie in nie. Met my eerste ontmoeting is ek goed ingelig dat bike sentraal in omtrent al die fotos moes wees. So bike is gepoets en gepoleer op die groot dag.

Gompie sal self sy bruid aanry kerk toe – op die bike natuurlik en dan sal die twee ook weer daar saam vertrek. Pret fotos is geneem, wat hier en daar ‘n X verdien het, maar daem nog nie XXX status bereik het nie. Gompie het bruid met ‘n helse brul voor die kerk afgelaai. Toe twee is toe innie kerk in en trou te lekker.

Buite pak die ander manne die bike en maak van hom ‘n ‘pasgetroud’ fiets. Shoeshine woorde oral, linte en blikke aan toue. Vaseline op die spieëls. Hulle mors behoorlik. Maar een bright spark, stop die uitlaatpyp vol papier confetti. Verwag natuurlik ‘n sierlike uitspuit van confetti sessie.

Gompie steek innie kerkdeur vas met die uitkomslag en word duidelik bleek toe hy sy bike sien, maar hy hou sy pose en laai vir bruid onder ‘n wolk confetti agterop. Maar start wil die bike nie start nie. Skop naderhand die fiets aan die brand en daar kom confetti stroom uiteindelik uit die pyp uit. Natuurlik moet bike nou terug tot ‘gehoorsaam’ geref word en in die proses is waar die dinge toe hand uitruk.

Klein brandende confetti kooltjies reen neer op die gaste en kry vasbytplek in die trourok. Rook, gille en spronge oral. Bruid klim baie vinnig en onbeholpe van bike af en laat in die proses vir gompie en bike saam omslaan.

Net daar is hul huwelik vir altyd verseël as ewige liefde. Gompie los vir bike net so op sy sy en begin om bruid se smeulende rok stuk stuk van haar af te skeur.

Held vir altyd en uit die liefdevolle kyke en koer na die tyd kon almal sien – hierdie twee is regtig vir mekaar lief.

5 Comments »

  1. Zee Said:

    Nou lekker gelag, klink darem nie of sy te lelik gebrand het nie. My aanstaande skoonseun is net so oor motorfietse, sjoe, hoop nie dit gebeur by ons nie.😆

  2. Dellie Said:

    Ag shame, ek voel skoon jammer vir gompie. Maar jy is reg, hy is beslis nie ‘n eier nie!😉

  3. Marina Said:

    Skreeusnaaks!🙂
    Iemand vertel ons van die ds wat in die konsistorie staan en wag terwyl die bruid met ‘n perdekar afgelaai word. Hy besef nie sy mikrifoon is reeds aan en al die gaste kan hoor wat hy sê nie. Ewe droog merk hy teenoor die koster op “Ek hoop nie die klomp perde bek-k ons nuwe paving nie!” Jy kan net dink wat die reaksie in die kerkgebou was!!!🙂

  4. Karl Said:

    Groot gelag die kant. Dankie.

    Het ok al die mikrofoon episode beleef. Ds het gou vir oulass ‘n draai gemaak in die badkamer. Alhoewel hy niks gesê het nie, was sy kreun, gevolg deur ‘n lekker poep ook die rede dat die gemeente omtrent uit die banke geval het.
    Een tannie merk toe ewe droog op na die tyd – die man het nie eens sy hande gewas nie.

  5. Dellie Said:

    Whahaha!😆


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: