Bokkie, pas jy in jou rokkie ?

Ek gee myself nie uit vir ‘n modekenner nie, maar so oor die jare het ek al te veel bruide gesien wat in die verkeerde tipe rok probeer inklim het. Nie alleenlik vlei dit die bruid glad nie, sy maak haar dag ook erg ongemaklik. Hier is ‘n paar voorbeelde van style en wie dit eerder moet vermy.

Die Prinses A Lyn

Prinses A Lyn

Uiters gewild onder bruide agv die feit dat hierdie styl baie ‘foute’ kan wegsteek. Die styl is noupassend aan die bolyf en klok dan uit na onder. Hoeppel onderrokke gee die styl ‘n bietjie drama.

Bly weg van hierdie styl as jy geen borste het nie. Ek onthou haar baie goed – plat borskas en in haar prinses A lyn rok staan sy heeldag en rok optrek. Tannie pluk toe sommer summier haar eie ‘valsies’ uit en stop in bruid se rok in. Almal gelukkig en bruid se rok bly bo. Gompie val amper flou toe hy sy beborste bruid sien, maar mooi lyk ken geen perke.

Die Ball Gown

Ballgown

Baie dramatiese styl met ‘n korset tipe bolyf en baie vol romp gedeelte. Uiters geskik as jy groter bene en boudjies wil verbloem.

Bly weg hiervan as jy kort en geset is. Die styl rok het een van my korter bruide oorweldig. Bo het haar vetjies deur die korset gebeur en die reuse romp met sy stywe hoeppel onder, wou net nie saamwerk nie. Alles het haak haak verloop tot bruid by haar tafel wou gaan sit, toe neem romp sy wraak en dop om soos seekat se kind. Die bruid het verdwyn in lae en lae tulle wat tot onder haar arms opgetel het en onder die tafel het sy die koue trek gevoel.

Die Culomn

Culomn

Slank en elegant, teen die lyf gesny. Ideaal om mooi skouers en nek af te wys. Moderne bruide heg ‘n sleep aan die rok ala Hollywood styl.

Bly weg as jy ‘n lyf met kurwes het wat buite die 36 24 36 verwysingsraamwerk val. Ek het ‘n dame ontmoet in haar kollom rok wat haar gespierde skouers wou wys, maar glad nie enige agsterstewe gehad het om die skouers te balanseer nie – plat, niks. Gevolglik het sy so effe ‘top heavy’ vertoon en om alles net heeltemaal te verwoes, plak sy toe ‘n reuse ‘veil’ op haar kop. Poppey se droom girl.

Fishtail

Fishtail

Dames met die kurwes, staan nader. Hierdy styl pas meisies met groot borste en groot dye. Styf teen die lyf gesny en klok uit net onder die knieg. Die totale prentjie is baie sensueel en effens wulps.

Bly weg as jy lank, maer en petit is. Ek onthou goed hoe my bruid wat skraal en effens plat in die borskas was, skoon verspot gelyk het in haar visstert styl rok. Met geen lyf om die rok te vul nie, het net die uitklokgedeelte beweeg as sy geloop het. Gevolglik het sy soos ‘n automatiese straatveer die paaidjie kansel toe met ‘n harde geswiesh swiesh ‘skoongevee’.

Die Empire

Empire

Die Empire styl vlei meeste vrouens, maar is uiters geskik vir dames sonder ‘n middel. Die snit is losser as die prinses A lyn en ook begin die romp hoog op net onder die borste. Hierdie styl laat jou langer en skraler vertoon.

Bly weg as jy kort is. Gewoonlik word bruide wat skielik tot trou kom maar effens aangekyk as sy instap en my arme kort bruidjie in haar Empire skepping met die ekstra detail op die maag, het hoog swanger gelyk. Haar ma se rou snikke deur die kerk het ook nie veel gehelp om die valse aantuigings van swangerskap dood te druk nie.

 

Kortom, kry ‘n rok wat jou persoonlikheid pas, maar ook jou lyf. Moenie jouself in ‘n rok inwurg en dan oral wil uitpeul nie of heeldag moet op en af trek nie. Pas jou rok gereeld aan en onthou om daarmee rond te beweeg. Klim trappe, gaan sit en doen sommer ‘n paar danspassies. So leer jy om die rok te dra en te hanteer.

Moet nooit val vir familie se komplimente nie – jy sal altyd vir hulle soos ‘n prinses lyk. Vat ‘n vriend/in saam wat jy vetrou om jou te sê as jy vreemd lyk in ‘n rok. Pas soveel rokke aan as wat jy wil – dit is deel van die pret.

Laastens – rokke wat te klein gemaak of gehuur word, sal net dit bly – te klein. Jy sal nie die ekstra kilo’s afskud om in te pas nie. Kies die regte grote van die begin af.

 

 

2 Comments »

  1. SHARKS Said:

    Eerste keer wat ek hier inloer. Neykie onthou jy daai mooi rok wat ek vir jou gewys het by Wonderpark – hy kos glo maar net R28 000 ek het gaan uitvind, maar jy kan nie stry nie, dit is ‘n pragtige rok, ek is gaande oor die rok.

  2. Marina Said:

    Wat my verstand te bowe gaan is wanneer ‘n effens gesette bruid ‘n rok dra wat niks oor die skouers het nie…….die rolletjies wat so uitpeul….ai mens behoort dit mos in die spieel te sien of hoe????


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: