Hoe vêr is oor die afgrond ?

Almal verstaan dat elke bruid soos ‘n prinses wil voel en lyk op haar troue, maar sommiges dryf dit darem net te vêr – wel volgens my opinie. Wat vir my regtig vreemd lyk, was vir hierdie bruide ‘n droom word waar.

Nommer een op my lys van vreemdste trou rokke is: Die rok gemaak van roompoffertjies. Ja, werlike roompoffers wat jy van die bruid af kon peusel. Die bruid was gaande oor haar rok, al kon sy op geen stadium van haar troue sit nie en al moes sy waaksaam bly teen kinders wat haar wou proe.

Roompoffers rok

Die volgende jong dame wat my amper laat stik het, alhoewel mens nie met ‘n naald naby haar tabberd durf kom nie, is die rok van : Kondome. Ek het geen kommentaar oor hierdie een nie. Enige voortselle ?

Kondoom trourok

Derde staan die bruid wat besluit het Balonne is wat sy wil dra. Die balonne is spesiaal gemaak sodat sy nie bars van opgewondenheid nie. Die enigste probleem was dat gompie sy afstand moes hou vanaf sy bruid.

Balonne in die wind

Dan is daar die bruid wat seer sekerlik enige NG predikant sy valstande sou laat sluk het. Skraps en teen die lyf het sy seker gemaak haar gompie sien haar raak. Vat nogal manne moed sou ek sê.

Oe la la

Laaste, maar beslis nie die minste nie, is hierdie moeder en kind kombinasie. Geen oop vlamme is toegelaat by hierdie troue nie.

Pou

Al hierdie rokke is totale ekstreme, maar watter rok pas nou eintlik by jou figuur ? More kyk ek na die klasieke style en wie dit kan dra en wie eerder daarvan moet wegbly.

7 Comments »

  1. Platkuif Said:

    oulike blog.op die stadium sal enige bruid vir my doen…ek worry nie eintlik wat sy op die dag aantrek nie…

  2. Karl Said:

    Welkom Platkuif

    Ja wel, ons sal later hier ‘n paar dinge kwytraak oor hoe om potensiele bruide raak te sien en waar hulle wegkruip.

    Gister se wenner van ons raaisel was Marina. Die paartjie is inderdaad Nelson mandella en sy Winnie. ‘n Bos virtuele rose vir jou.

    Karl

  3. Dellie Said:

    Whahaha! ‘n Rok van kondome??? Hulle het seker lekker wittebrood gehou…😳

  4. neykie Said:

    ja en as daar perongeluk ‘n gaaitjie erens in een van daai kondome gesteek is dellie, het hulle defnitief nou al ‘n verassingkie gekry

  5. sonneblomseplekkie Said:

    Hi Carl,
    Ek sou sê die kondoom rok is meer iets wat mens na funny dress party toe aantrek. Of sy het dalk ‘n paar jaar se voorbehoeding gedoen hehehe…maar soos neykie sê, wat as daar ‘n gaatjie in was😀

    Lekker daggie
    Sonneblom

  6. Emil Said:

    Met daai skrampse rok is ‘n rok vol kondome nodig vir die wittebrood! Ook net seker ‘n spesifieke vorm bruid wat dit sal kan dra.
    Eerlik, ek kan aan ‘n bete gebruik vir kondome dink as om ‘n rok van te maal!

  7. Emil Said:

    En wat is dit met poffertjies! Sy wou seker geeet word! Ek wonder of die rok nie ook die troukoek was nie.


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: