Die bruid van die eeu

Diana Prinses van Wallis en ou Ore

Ons kleintjie in die stootwaentjie is inderdaad Diana Prinses van Wallis.

Haar troue is totaal en al gereguleer deur die koningshuis van Engeland en alhoewel Charles se hart aan ‘n ander behoort het, is Diana as die beste kandidaat gekies om die koninlikes se aansien weer ‘n hupstoot te gee.

Haar tragiese lewe daarna is epies en sy het die koningin van Engeland sommer baie ouer gemaak in haar leeftyd. Rus in vrede prinses van harte.

Bekendes trou

Hier is ‘n paar bekende paartjies. Troufotos van bekendes word gewoonlik verkoop aan publikasies, maar ander smeer weer hul gesigte oor die media sovêr hulle kan. So ‘n paartjie is Tom en sy Katie. Hulle het ‘n hele dorpie in Italië lamgelê met sekuriteit en in ‘n kasteel getrou.

Tom en Katie

Dan was daar die mesie uit die verkeerde kant van London wat haar ambisie om beroemd te word op ‘n spits gedryf het deur ‘n multimiljoen rand se troue te hou. Haar gompie was reeds bekend en dik in die geld. Die res van hulle verhaal lees soos ‘n teks van ‘n slegte sepie. Natuurlik praat ek van die Beckhams.

Victoria kloe aan haar David

Ander doen weer die ongewone en trou sommer so in die loop van hul normale dag. Rod Steward is geen vreemdeling voor die kansel nie en toe hy sy Penny getrou het, lyk dit amper of sy vergeet het om haar rok aan te trek en net in haar ondergoedjies gaan trou het. Maar daai is haar trourok.

Rod Steward en sy Penny

Troues wat ons nog moet sien

Mode pop van Sex and The City, Carrie Bradshaw, trou in die film weergawe van hierdie reeks met………………….. Die gompie bly ‘n geheim, maar eie aan Carrie, was die rok weereens aweregs. Die trou tonele is oor twee dae verfilm en niemand het ooit daaraan gedink om die bruid te vertel van ‘n strykyster nie.

Die meisie van Sex and the City

Carrie op pad na haar troue

Twee ander bruide wat ons ook nog op wag is die twee van Friends faam. In een van die heel snaakste episodes, lei allerhande misverstande tot twee bruide en drie gompies. Net in Hollywood

Friends se stroues

Plaaslik, gaan die stem vir die oulikste paartjie na Mark pilgrim en sy pratige bruid. Privaat en erg romanties is hoe hy sy troue beskryf.

Mark Pilgrim

Hierdie paartjie is in 1957 getroud. Albei het ikoon status bereik, al is dit vir verskillende redes. Wie is dit hierdie ?

Wie is die twee ?

 

More kyk ons na regtig ongewone trourokke. Mense doen regtig aardige dinge om anders te voel op hul troudag.

4 Comments »

  1. sonneblomseplekkie Said:

    Hi,
    Ek het nou baie lekker gelees oor al jou trou stories. Sal beslis hier bly inloer. Ek is seker jy het nog baie straaltjies om te deel. 😉

    Groete
    Sonneblom

    ns: Hier is een vir die boek…en nie baie mense weet dit nie – met my 2de huwelik net voor die troue, kom ek agter ek het 2 verskillende skoene aan…altwee wit. Kon heeltyd nie mooi pluis hoekom loop ek so snaaks nie. En nee, ek is nie blond nie hehehehe 😀
    Lekke dag

  2. Karl Said:

    Welkom Sonneblom
    Gie gie vir daai skoene, laat my onthou van die bruid wat nie haar nuwe sykouse en ‘garter belt’ kon uitpluis nie. Rampspoedige gevolge, maar dit is ‘n storie vir ‘n ander dag.

  3. Marina Said:

    Oom Nellie en Tannie Winnie…..?

  4. Emil Said:

    Cool blog. Hel en hier dink ‘n klomp van ons Pilgrim is gay. Voorspoed en tref jy ‘n paar keer.


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a reply to Karl Cancel reply