Aarde na gompie

Wat dink jy dink die gompie hier

Sê vir ons wat die gompie dink.

Soms sien die fotograaf ook maar nie wat aangaan nie!

Gompie speel nek-tennis

Daar is altyd iets om na te kyk by troues anders as die bruid, en gewoonlik hou sy nie daarvan nie. Twee van my beste vriende trou in die universiteitskapel in Pretoria. Studente troues is altyd vol pret en plesier en hierdie was geen uitsondering nie.

Maar wat die egpaar nie besef het nie is dat al hulle ekse mekaar voor die kapel ontmoet het en sommer daar en dan besluit het om saam te sit in twee groepe – hare en syne. Ons praat nou nie van rugbyspanne nie, maar elkeen het darem drie gehad. Die twee groepies stap toe ook in net voor die bruid en gaan sit net agter die ouers in ‘n bank.

Gompie was dadelik ongemaklik en het met sy strikdas begin worstel. Sy aanstaande had geen ooghare vir sy ekse nie en nou sit hulle en glimlag liefies vir hom. Voor hy kan beplan, lui die klok, die orrel wel op en die bruid kom aangestap.

Dit was soos tennis kyk – dan kyk hy vir die bruid dan vir die ekse wat teen hierdie tyd al lekker giggel.

Bruid sien naderhand gompie is effens verskeurd in sy blikke na haar. (Hy het self sy gat gegrawe.) Maar bruid is ook heel spontaan en stap reg af op haar ekse, gee elkeen ‘n klapsoen, gryp vir gompie en soen hom half lam. Toe trou hulle. Sy beskermende hand net bo haar boud het almal laat weet – sy is myne.

Daardie partytjie sal nog lank onthou word as een van die lekkerste troues.

9 Comments »

  1. patches Said:

    Hallo jy! Baie mooi blog sien uit daarna om elke dag bietjie te kom loer!! Eks mal oor die foto by die see, ek is skoon jaloers!! Geniet dit.

  2. Karl Said:

    Dankie en welkom

    Ja, hierdie is ‘n baie tong in die kies blog. Ek het uitgewerk dat ek al by 372 troues was in my lewe, so, hou gerus dop, want elkeen het sy eie storie.

    Kyk mooi na die foto by die see – elke bruis se nagmerrie.

    Karl

  3. BB Said:

    Hy dink : “Watookal jy y doen Gompie, MOENIE REGS KYK NIE!!!!!”🙂

  4. Dellie Said:

    Gompie dink: “As ek nou terugkyk see toe, gaan bruidjie my bliksem!”

    Whahaha! Darem ‘n groot antie daai… issit ‘n anite??😯

  5. KLAMKATRYN Said:

    Gompie dink: Dis nou die tyd om gat skoon te maak, Miskien hoe hy dop om te sien of daar nie iemand is met ‘n bootjie of iets wat hom net kan wegvat nie!!!

  6. karoles Said:

    Baie nice blog Karl!!
    Gompie dink … wat de hel het ek nou gedoen?? Kyk net daai mooi girl!!

  7. Marina Said:

    Ek hou van jou blog….lekker interessant.

    Ek dink hy sê: “Laat een d…..r lag!”

  8. Karl Said:

    Welkom al die nuwe bloggers.Geniet e vertel bietjie van jule eie troues.
    Waar, wat ens.

    Groetnis
    Karl

  9. karoles Said:

    Karl
    Ek het ‘n ongelooflike mooi en lekker troue gehad, 2001, Eibergen in Nederland. Ons het elf uur soggens officieel in die gemeentehuis getrou, daarna in die kerk, en daarna met die bure, naaste familielede en vriende na die saal toe gegaan. Daar het ons ‘n uitgebreide ete genuttig, gedans, ens. Saans om 8 uur het die groot party begin met baie mense. Ons het so 300 gaste gehad, met ‘n band ens. Dit was baie lekker, baie besonders, ‘n dag wat ek absoluut nooit in my lewe sal vergeet nie, een van my mooiste dae ooit. Daar is dit tradisie dat daar “opvoerintjies” gehou word, sommige lees ‘n gedig voor, sommige doen ‘n act, sommige laat jou soos ‘n fool voel, ens. Ons niggies en nefies het toe besluit, omdat ons op ‘n plaas bly, daar kort iets …..Toe ons weer sien, stoot hulle ‘n hout krat in die saal in, toegemaak met ‘n laken. Toe moes ons die laken afhaal, ek kon my lag nie inhou nie, ek dink ook trouens dis een van ons mooiste foto’s van die dag gewees. In die krat was ‘n hangbuik varkie!!!!!! Maar dis nie al nie …. ons het ‘n opdrag gekry. Ons moes die varkie leer by die huis om sekere kunsies te doen, en dan na 2 weke sou die niggies en nefies na ons huis toe kom om alles te beoordeel, en dit moes alles gebeur het voordat ons ons trougeskenk van hulle ontvang het.

    Ons het haar elke dag by die huis geleer, alles wat sy moes doen, sy het ook ‘n paar keer ontsnap, en dit was nogal ‘n storie om haar dan weer te vang. Sy het ook alles gevreet wat sy in die hande kon kry. Dit is verbasend hoe gou jy geheg kan raak aan so diertjie. Ons het haar Berta genoem …. maar toe kom die tragedie.

    Tien dae na ons troue het ons ‘n brand op die plaas gehad. Daar was ‘n kortsluiting, groot brand, daar het baie stalle afgebrand. Ek sal nooit vergeet, my seun het so in die stal ingehardloop om haar te red, toe kom hy weer terug met die lewelose liggaampie in sy hande. En Berta is toe dood. Sy het verstik van die rook, en my seun was ‘n held om haar te probeer red. Die gevolge kon veel erger gewees het.

    Sorry Karl, ek het begin skryf, maar toe skryf ek sommer ook die hartseer van my af. Ek het nou nog ‘n foto van Berta in die sitkamer. Ek sal dit nog ‘n keertjie op my eie blog sit.


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: