Klein jakkalsies byt vinnig

Soms dra troues net te veel emosies om vlot te verloop. Klein jakkalsies knaag aan jou tot jy ontplof in ‘n stortvloed van emosies en woorde.

Gooi weg of loop weg

 Van die eerste ontmoetinhg met hierdie paartjie, het ek gevoel iets sit nie lekker met hulle nie. Mense wat op trou staan is gewoonlik krapperig met mekaar soos die groot dag aankom, maar die twee was sommer net vies vir mekaar oor iets. Maar troue gaan voort.

Die troue self was klein en sonder fieterjasies. Die bruid was op tyd en die gompie het op sy plek gewag, maar glimlag was nie deel van die pakket nie. Almal kon sien hulle is nie lus vir mekaar nie.

Die dominees (heeltemaal onbekend aan die paartjie) het begin en gelees. Paartjie staan – nogal ingehaak – en luister. Dominee bid. Dominees begin met formulier. Alles loop soos dit moet. Toe bars die walle.

Die bruid trek haar arm uit syne en draai na die gompie toe. Sy ignoreer die dominees en praat sommer kliphard:”Ek sal nie met jou trou as jy daai pienk leerstel van jou nie wegsmyt nie.” Die hele kerk gil van die lag, maar vir die paartjie is hierdie glad geen grap nie.

Gompie pof op en byt terug “My pienk stel sal ek nie wegsmyt nie.” Hy draai om en soek sy ma in die kerk – “Ma, wil ma my stel hê ?” Ma skud kop en gompie draai terug na bruid toe. “Hy’s weg, kan ons nou klaarmaak?”

Toue is voltrek, paartjie lag die ene tanne en almal kuier lekker.

Wenk vir paartjies op pad kansel toe – Moenie ja sê voor jy weet wat jy jou voor inlaat nie.

2 Comments »

  1. gpcis Said:

    Dankie vir al my eerste comments.
    Hou hierdie blog dop vir ‘n lag in jou dag.
    Ek plaas julle op my Blogroll sodra ek kan uitfigure hoe.hehehe

    Karl

  2. Dellie Said:

    Ai tog, ‘n pienk leerstel??? Hehe, wens ek was daar!

    PS. Jy kom nou mooi reg! Ons wag vir daai blogroll…


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: