The magic of your day, the way you did it and the magic between the two of you – all captured in black and white. Enjoy! Karl






The magic of your day, the way you did it and the magic between the two of you – all captured in black and white. Enjoy! Karl






Kom ons handel maar af met die stomme bruid. Na ‘n dag van pure loutering en foltering is sy getroud. Stralend met haar laaang shoot na die troue – almal is gelukkig en tevrede.
Anders as met gewone troues, word daar baie tyd toegelaat tussen die seremonie en die onthaal self, dus het bruid en gompie ‘n uur oor voor hul onthaal begin. Die twee weet nie juis wat om te doen nie en besluit om ‘n ent te gaan ry. Ons spreek af om by die onthaal te ontmoet.
Ses uur word die deur na die onthaalsaal oopgeswaai en die gaste stroom in. Almal kry sitplek en ons wag op die bruidspaar. Halfsewe kom die voorgereg uit en ons wag vir die bruidspaar. Kwart voor agt kom die hoofgereg en nuus vanaf die bruidspaar.
Hulle sit in ongevalle.
Die twee het besluit om in hul troupakkies te gaan melkskommels drink. Klaar daarmee is hulle weer op pad onthaal toe. By die motor gekom, help gompie haar galant in die kar in, maar sy sukkel met haar rok, besluit om weer uit te klim, sit hand op deur en gompie maak deur toe. Duim gebreek.
Nege uur is die onthaal al halfpad klaar toe bruidspaar opdaag. Haar hand in gips, haar gesig dik gehuil en gompie sluip soos ‘n hond.
Die partydjie kry spoed, mense lag en kuier en skerts oor haar ‘gelukkige’ dag. Ek begin aanstaltes maak om te gaan, wag nog net vir die kousband. En ja, bruid het van die stoel afgeval, maar gompie wat teen die tyd al baie paraat rondom sy nuwe vrou was, vang haar galant.
En daar, voor al wat ‘n borg en gas is, spreek bruid die tale en sweer enige vorm van borg af vir die res van haar lewe. My hart bloei vir haar.
Bruid van die geborgde troue het haar seuwees alles verloor by die onthaalsaal, dus kom sy uitgeput, huilerig en erg omgekrap by die haarsalon aan. Daar staan ‘n flambojante mannetjie met pers strepe in sy hare reg met sjampanje en baie opgewonde giggels.
Binne minute lag bruid weer ene tanne. Hare rys op in ‘n baie moderne kapsel. Pers kop mannetjie staan op ‘n oulike klein boksie om op haar kop te kan sien, want hy is erg kort. In sy opgewondenheid stap hy gou om nog ‘n knippie te kry en val van sy boksie af. Bruid se arm word skrams getref.
Trane en snot en nou boonop ‘n arm met ‘n pers kol wat vinnig sprei daarby. Uit by die salon huis toe.
Tuis is alles reg en rustig. Rok hang teen die kas en bad staan en skuim. Bruid kom weer tot besinning en ons ploeg voort. Grimering word netjies aangesit en nou mag bruid nie weer huil nie. Glip in rok in, alles loop volgens plan.
Nou sak drie fotograwe op haar toe. Die rokmaker, haarstilus en grimeerkunstenaar het elkeen sy eie fotograaf gereel. Ek staan maar my plek vol en kry my skote ook in. So werk ons deur die tuin oor die bruggies, deur die rose verby die fontein en ek sien hier kom moeilikheid.
Bruid is naderhand papnat gesweet en heel verward deur die baie fotograwe. Op haar pers arm, het een verskuil room aangesmeer wat nou lieflike lang beige strepe maak op haar rok. Een kyk en die maskare maak klein swart druppels op die rok se bostuk.
Nou is ek self al lekker gatvol vir al die drama. Die Januarie son bak ons amper moer toe en almal se nerwe word nou dun. Uit die rok in die badkamer in. My hart klem vas as ek dink ons is nog nie eens by die deur uit kerk toe nie. Min weet enige van ons wat nog voorlê.
Geborgde troue – baie mense met baie opinies. Bruid luister stil stil na almal em kyk hoe haar troue waaroor sy eintlik geen sê het, voor haar oë vorm kry.
Nee wat, sy kon darem beter gedoen het met daai onder borde, hoe gaan my kos daarop lyk? Die blomme lyk of iemand dit alreeds omgestamp en toe net weer regopgesukkel het. Die draperings lyk soos ‘n goedkoop bordeel – waar is sy klas? Wie het hierdie tafel op my tafel se plek kom neersit! Ek kan nie so werk nie! Die spulletjie gaan woes tekere – so in die binnensmondse wyse waarop die bedryf mekaar beledig.
Bruid gryp meteens ‘n wit tefeldoek vas en pluk hard. Blomme, borde, glase en snuisterye reen op die vloer neer. Die meeste van die mense spring van die skrik, maar die meer gesoutes stap rustig uit en steek sigarette op. Bruid het gepop, waarsku hulle mense wat vol dreef by die onthaalsaal wil ingaan. O, dan wag ons ook maar ‘n bietjie.
Minute later kom die koordineerder met ‘n sopnat gehuilde bruid aan die arm by die deur uit. Paai paai en koer koer word sy in die motor gelaai en iemand ry met haar daar weg.
Koordineerder trek haar bolla stywer vas en stryk weer aan saal toe. Ek moet regtig ‘n ander job kry, swets sy in die verygaan.
Ek het die laaste twee maande vyf troues geskiet. Een van hulle vir ‘n bekende tydskrif wat een van hul personeellede se troue geborg het. Nou moet ek versigtig vertel want ek wil weer werk vir hierdie publikasie.
Geborgde troues kan maklik ‘n nagmerrie word deurdat elkeen wat sy deeltjie geborg het, dit beskou as die belangrikste bydrae van die dag. So eindig ek op met ‘n bruid, drie art directors, twee bloemiste, ‘n cater maatskappy wat tafels dek, een wat kos maak, twee wat interiors doen en ‘n bakker wat troukoeke doen.
Al die bogenoemde ontmoet ek twee ure voor die seremonie by die onthaal saal. Bruid se senuwees is flenters. Nog nie ‘n plaksel grimering aan nie en die hare hang toutjies in die hitte. Kry haar eers daar weg om klaar te maak.
Pak die skare mense wat nou almal vir my wil verduidelik watse fotos hulle nou eintlik van hul produkte wil hê. Tydskrif tannies (twee van hulle) is in die ander oor besig om te verduidelik hoe die artikel se aanslag verander het sedert ons produksie vergadering twee maande tevore. In my agterkop wonder ek hoekom ek nie al lankal verslaafd is aan calmettes nie en oorweeg om ‘n pak te loop koop – nie vir my nie, maar vir die kwetterende warboel wat al agter my aanloop soos ek toerusting begin aflaai.
Nou, een van my nuwejaarsvernemens was om meer geduldig te wees met mense, maar na twintig minute in die shoot in, bars my nate oop soos ‘n granaat en daar peul pure gif uit. STOP! Die spulletjie doen dit. Soos ‘n koshuismoeder jaag ek hulle uiteen. Loop staan by julle produkte en bly stil!
‘n Uur later wrap ek die shoot en almal is gelukkig op die oppervlakte, maar agter hulle oë sien ek die skinder oor die bossy fotograaf. Verskonings is gevra en besigheidskaarte is uitgeruil.
Toe ek laas week die images begin uitstuur, kom daar ‘n vloedgolf van bedankings – hulle is uiters ingenome met my fotos. Maar by elke mail is daar ook ‘n klein stukkie wat sê: Ons weet nie hoe jy dit uitgehou het met die ander mense nie! Bid jou aan.
By bruid aangekom is daar egter regte drama, maar die is more se storie.
Ek het ondertussen my nuwe blog vir voornemende bruide begin.
Gaan loer gerus by: http://weddingphotographersa.wordpress.com/
Net toe julle dink ek het pad gevat!
VOORSPOED VIR 2009 VIR ALMAL.
Ek is Maandag weer op my pos met ‘n nuwe konsep vir hierdie blog, baie nuus, wenke en sommer net lekker lag vir al die trougedoentes daar buite.
Karl
Soms kry ons fotograwe groot verassings by troues, denieteenstaande dat ons voor die tyd soveel as moontlik uitvind. So was dit met hierdie troue.
Sommer met die aankomslag by die bruid se huis, het ek besef ek het geen idee wat op my wag nie. By die voordeur, in ‘n ry, staan 18 pare swart blink nuwe mans skoene van verskillende groottes. Ek wil my nog vergaap, toe word ek binnegenooi. In die huis was dit chaos.
Die eetkamer het in ‘n haarsallon verander. Nege haardroërs loei en stoele word volgesit deur meisies van alle ouderdomme. Krullers word uitgehaal, hare word getease, haarsproei vorm ‘n wolk teen die dak en die gekwetter laat my kop draai. Die sitkamer is vol grimering, grimeerders en mense wat hulle gesigte trek op vreemde maniere. Dit verf, plak, pleister en poeier dat die stof staan.
In die een slaapkamer is ‘n ma besig om seuntjies in swart pakkies in te druk. Dit stoei en roei maar. Die kamer lamgs hulle word eur die ouer seuns gebruik en die AXE, BlueStratos, Brutt en Ego walms slaat my asem weg.
In die hoofslaapkamer is dit onheilspellend stil. Bruid sit stoksielalleen en staar in die spieel. Ek neem aan jy het gesien wat het van my troue geword sê sy droogweg. Voor ons kan gesels, bars die deur oop en ‘n klein bruidjie in ‘n rok en sluier word ingedra. Sy skrou lewe en dood. Bruid sak haar kop in haar hande. Ek werk so goed ek kan.
Dan word daar aangekondig dat bruid nou gaan vertrek. Ek beweeg na buite. By daai voordeur peul hulle uit. Strooimeisies van alle ouderdomme, jonkers meer as wat ek kan tel, klein bruid en gompie en laastens Pa en bruid.
Ek plaas ‘n foto ,maar om hulle te beskerm, het ek die gesigte verdof. Geniet.
Ons soek nogsteeds na die bruid van elke dekade. Stuur ‘n foto en ‘n kort storie oor jou troue.
Die wenner gaan op my onkoste lekker uiteet.
Kompetisie sluit einde November. Laat waai.
Vir een of ander rede is gompies absolute wrakke voor hulle toespraak. Dit bewe, stotter en stammel deur die woorde wat gewoonlik van ‘n half opgefrommelde papiertjie kom. Die groep mans wat gewoonlik reg voor gompie gaan sit, maak dit egter nie makliker nie.
Hierdie gompie was die dierbaarheid self. Op sy plek en stil het hy gesorg dat bruid die dag van haar lewe kry. Hy was ‘n boereseun en sy ‘n Hollander. Stug mense die Holanders. Dit was al opmerklik in die kerk. Haar mense sit links en sy mense sit regs.
Regs in die kerk woel dit met kinders, mense wat fluister en laatkommers. Hollandse kant is stil en stemmig. Dieselfde by die onthaal. Boere kant woel weer – mans loop heen en weer kroeg toe, vrouens hop stoele om nader aan mekaar te sit en gesels. Kinders hardloop woes rond. Hollanders sit op hul plekke, praat stemmig en eet nie eens ‘n peanut nie.
So kom gompie aan die beurt. Die ou vaar heel goed met sy bedankings, noem sy bruid as die mooiste en alles wat gesê moet word. Dan praat hy direk met sy nuwe skoonpa: ” Ek is bietjie ontsteld Pa, jy het my ‘n plaas belowe as ek jou dogter trou en sovêr het ek nog net ‘n koei gekry.”
Sy poging tot ‘n grappie laat die saal in twee skeur. Die boere kant lê soos hulle lag, maar oorkant hulle kan jy ‘n speld hoor val. Gompie lag verboureerd en kyk na bruid vir hulp, maar sy byt net haar lip en kyk af.
Die res van die trou onthaal is binne een uur verby. Soos die Hollanders hulle nagereg sluk, staan hulle op en ry. Party vat selfs hul geskenke terug. Gompie voel soos ‘n boef en probeer keer vir die vale. Boere hou troue, maar selfs hulle raak nou half ergerlik vir die stug spul. ‘Afterparty’ gil een en daar mobiliseer die lot na ‘n ander plek waar hulle kan kuier.
Gompie kry ek in die portaal. Sy oë is dik gehuil. Bruid is weg saam met haar ouers. Na hel met die spul sê ek, maar dit help niks nie.
Vandag nog hanteer daai familie vir gompie soos kak. Bruid raak al hoe valer en leliker en gompie moet sy knieë deurkruip vir bietjie aandag. Sy bly by die huis, hy werk van donker tot donker.
Al die goed is waar en swaar – die gompie is na aan my.
Met al die wonderlike reen wat nou geval het, laat dit my terugdink aan die een trappie op na die kerk se deur wat vir my ‘n klomp pret verskaf het. Seker het ek sadistiese neigings, maar ek het my gate uitgeniet.
Die reen het gedreig om hulle troue in ‘n vloed te verander, maar omtrent ‘n uur voor die kerk, het die swaar reen in motreen verander, maar die wêreld was modder. Saam met bruid en gompie het ons besluit om ‘n paar dae later hulle fotos te neem en dus het ek skielik baie tyd om die die res van die gebeure af te neem. So eindig ek voor kerkdeur om gaste af te neem wat aankom.
Trappie se eerste victim was so ‘n ou omie wat kierts regop loop. Maer en statig met sy mollige vroutjie aan sy arm. Trappie glip – oompie gryp die reeling vas, herstel blistig en sonder enige verandering van pas, is die twee in. Volgende kom twee jong meisies. Weer net ‘n klein glippie en ‘n klein gilletjie en in is die twee.
Nou wag ek vir hulle. Party sien die probleem en klim oor, ander gly en glip vir ‘n vale, maar sovêr val niemand nie. Ek giggel soos ‘n skoolseun in my stilligheid, maar waarsku niemand nie – te veel pret jy sien. Die laatkommers, wat effens vinniger loop as die res, lewer ‘n hele paar histeriese oomblikke op en een vrou doen amper die splits.
Van almal wat oor daai trappie gegly het, was dit egter net stomme bruid wat nie kon oorkom nie. Sy val op haar knieë neer en begin sommer dadelik snik. Twee groot modderkolle sprei oor die rok. Sy huil sommer oor die reen, haar verlore vryheid en haar hondjie wat in standerd 6 weggeraak het. Ek voel soos ‘n hond dat ek heeldag staan en myself vermaak met iets so simpel en dan kom slaan bruid sowaar neer.
Party troues is maar net nie volledig sonder bietjie drama nie.
Selfs al beplan jy hoe en selfs al neem jy alles en almal in ag, het jy nooit volle kontrole oor wat gebeur op jou troue nie. Soms kom die verassing uit ‘n onvoorspelbare hoek en slaan jou skoon van jou hoë hakke af.
Ek het nog nooit gehou van Johannesburg en sy mense nie. Die wyse waarop hulle verby mekaar en selfs verby hulself leef, veroorsaak dat elkeen net om sy eie werf vee. Gompie se ma was van ou geld – Johannesburg geld. Sy word gesien by die regte plekke, doen haar charity werk in die openbare oog, sit op al wat ‘n kom met tee is en tel nooit ‘n muntstuk wat geval het op nie.
Gompie het beslis sy ma se bloed in sy are maar kort nog die fynere kunsies wat net tyd bring. Bruid pas in asof sy gompie se suster kon wees. Haar skoonma word in elke grappie ingedeel, kyke word geruil, elmboë word liggies gevat en die winkels verwelkom die twee alreeds as ‘n paar. Op die oog af lyk dit plain sailing.
Troue is klein en intiem. Gastelys is gelaai met almal wat in die stad kan wees. Bruid en skoonma deel ‘n ontwerper. Bruid is fabelagtig in haar tabberd, maar skoonma voel gebelgd. Haar uitrusting steek te veel af. Klein fyn stekies begin tussen die twee. Subtiel word die lyne getrek – bruid sal nie haar dag onder enige een staan nie en skoonma sal nie ‘verslons’ opdaag nie. Bottom line.
Nou in die fliek weergawe van hierdie scenario, val mense in mekaar se arms en gaan hulle oë oop vir hul foute. Trane vloei en troues word uitbundige vierings van familie bande. Nie hier nie. Binne ‘n paar minute het ons vir bruid aan die uittrek terwyl skoonma deur die toe deur al bruid se slegste eienskappe uitgil. Niemand kan, of wil keer nie.
Uiteindelik, gaan deur oop en bruid stap vir die voordeur. Skoonma besef sy moet nou keer, maar na haar eerste poging tot vrede verwerp word deur aaklige beledigings wat begin by haar skilpad nek en begin afdaal na die hangende borskas toe, swaai skoonma die voordeur self oop en help bruid met die skoen uit.
Gompie wag liefies op bruid, salig onbewus dat hy binne oomblikke die keuse van sy lewe moes maak…