- Doen jou hare voor jy gaan bad…
- Gebruik ‘n gesigsmasker die oggend van jou troue
- Dra piepklein ondergoedjies wat krap
- Druk jou borste in ‘n te klein bostuk
- Trek klaar aan drie ure voor jou troue
- Vergeet om te eet, maar drink sjampanje/wyn
- Trek trouskoene vir eerste keer aan op pad kerk toe
- Dra ‘n lyfkous wat afrol van bo af en ‘n rif om jou maag maak
- Drink enige vorm van senuwee pil / boereraat
- Slaan paniek oor alles wat kan skeefloop
Tien nee’s vir gompie
- Los klere artikels soos das uit as jy aantrek
- Te klein hempies en kort dasse
- Skeer van jou baard mis en los klosse
- Vergeet jou anti sweet muti onder jou arms
- Drink en bestuur
- Laat na om jou bruid te bel en liefde te verklaar
- Sit al twee ure voor die troue by die kerk
- Trek jou baadjie uit wanneer jy wil
- Lang vuil naels – tone ook
- Verloor jou eie kar sleutels/ hotel sleutels
