Toespraak

Vir een of ander rede is gompies absolute wrakke voor hulle toespraak. Dit bewe, stotter en stammel deur die woorde wat gewoonlik van ‘n half opgefrommelde papiertjie kom. Die groep mans wat gewoonlik reg voor gompie gaan sit, maak dit egter nie makliker nie.

Hierdie gompie was die dierbaarheid self. Op sy plek en stil het hy gesorg dat bruid die dag van haar lewe kry. Hy was ‘n boereseun en sy ‘n Hollander. Stug mense die Holanders. Dit was al opmerklik in die kerk. Haar mense sit links en sy mense sit regs.

Regs in die kerk woel dit met kinders, mense wat fluister en laatkommers. Hollandse kant is stil en stemmig. Dieselfde by die onthaal. Boere kant woel weer – mans loop heen en weer kroeg toe, vrouens hop stoele om nader aan mekaar te sit en gesels. Kinders hardloop woes rond. Hollanders sit op hul plekke, praat stemmig en eet nie eens ‘n peanut nie.

So kom gompie aan die beurt. Die ou vaar heel goed met sy bedankings, noem sy bruid as die mooiste en alles wat gesê moet word. Dan praat hy direk met sy nuwe skoonpa: ” Ek is bietjie ontsteld Pa, jy het my ‘n plaas belowe as ek jou dogter trou en sovêr het ek nog net ‘n koei gekry.”

Sy poging tot ‘n grappie laat die saal in twee skeur. Die boere kant lê soos hulle lag, maar oorkant hulle kan jy ‘n speld hoor val. Gompie lag verboureerd en kyk na bruid vir hulp, maar sy byt net haar lip en kyk af.

Die res van die trou onthaal is binne een uur verby. Soos die Hollanders hulle nagereg sluk, staan hulle op en ry. Party vat selfs hul geskenke terug. Gompie voel soos ‘n boef en probeer keer vir die vale. Boere hou troue, maar selfs hulle raak nou half ergerlik vir die stug spul. ‘Afterparty’ gil een en daar mobiliseer die lot na ‘n ander plek waar hulle kan kuier.

Gompie kry ek in die portaal. Sy oë is dik gehuil. Bruid is weg saam met haar ouers. Na hel met die spul sê ek, maar dit help niks nie.

Vandag nog hanteer daai familie vir gompie soos kak. Bruid raak al hoe valer en leliker en gompie moet sy knieë deurkruip vir bietjie aandag. Sy bly by die huis, hy werk van donker tot donker.

Al die goed is waar en swaar – die gompie is na aan my.

5 Comments »

  1. Marina Said:

    Ai tog…..dis jammer!!!!!!!

  2. NetJane Said:

    Ai – laat ‘n grappie nou so kan opeindig!

  3. Dellie Said:

    Ag shame, die arme man!

  4. meermin Said:

    Foei man die arme ou siel!! Dalk het dit tyd geword vir Gompie om al daardie kak wat hulle kom so gee, in ‘n emmer te gooi, ek is seker daardie emmer is oorvol, en hulle almal terug te gooi met daardie kak!!! Sy tassies te pak, en aan te beweeg!!! As hulle te suur wil wees om te lag vir so lekker grappie, dan hoort hy nie tussen hierdie spul suurlemoene nie!!

    Boeta gooi hulle terug met dieselfde kak!! En gaan koop dadelik vir jou pleister vir daardie stukkende knieè. Nog iets hulle is dit nie werd nie, klomp suurknolle!!

  5. Lucinda Said:

    Gelukkig het ons Afrikaners ‘n goeie sin vir humor — Hollanders kan lekker sour pouses wees!


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: